Author Topic: Koolsop dieet  (Read 39569 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Koolsop dieet
« on: June 24, 2014, 12:45:59 PM »
Hierdie is 'n wereldwye dieet wat al baie beproef is en het al baie goeie resultate gelewer.  Ek glo die dieet was ontwerp vir pasiente wat vir operasies moes gaan en vinnig gewig moes verloor.  Dit is hoekom dit net 'n 7 dae dieet is.

Ken jy hierdie dieet?  Het jy dit al probeer?

Soos ek nou al my navorsing gedoen het, sien ek dat hierdie dieet ook 'n hupstoot kan wees as jy begin met jou eie dieet.  Jy kan tot en met 5kg in die 7dae verloor wat jy die dieet volg.  Daar is baie skeptiese en dan ook positiewe geselsies oral op die internet, en ek het besluit om dit self te probeer.

Ek het gisteraand my sop gemaak en dit is heerlik!  Ek sal dan more oggend begin met my sop dieet en die riglyne tot op die punt volg.  Die eerste dag is dit net vrugte en soveel van die sop as wat jy wil eet.  Hulle se hoe meer sop jy eet, hoe meer vet verbrand jy. 

Kom ons kyk maar.

Die resep:

3 uie
3 seldery repies
3 wortels
halwe koolkop
4 kort preie (leeks)
4 rape (turnips)
1 blikkie tamatie en uie
1 pakkie tamatie puree
2 eetlepels chilli sous
2 blokkies bees aftrekselblokkies

Kap alle groente so groot as wat jy dit wil he en kook vir 2 ure.  So maklik soos dit  :toothy4:


Offline Elsabe Oosthuizen

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 52
Re: Koolsop dieet
« Reply #1 on: June 24, 2014, 02:28:05 PM »
Dit is baie goed om die kolon bietjie skoon te kry. Ek het dit nog nie self probeer nie, maar komende van my bron, is dit baie goed. Probeer dit gerus. Ek het wel met die jare uitgevind dat kitsdiëte glad nie werk nie. Wanneer diëte nie 'n lewenswyse kan wees nie, sal dit nooit werk nie. Dus is daar geen kitsresep nie. Dink so daaraan, wanneer jy heelwat kilos moet verloor, moes jy jouself tyd gun. Jy het dit nie in een dag opgetel nie, so dit is 'n stelselmatige proses. Probeer eers beter voedselkeuses maak in jou lewe bv vermy die kitskosse. Sny die suikertjies. Kry genoeg oefening. Drink genoeg water 3 liter daagliks. Moenie saans stysel eet nie. Probeer jou aandete vroeg eet bv voor agt uur in die aand. Moenie lekkernye in jou koskas aanhou nie. Ek sukkel self. Gedurende die dag is dit nie 'n probleem nie. Ek eet net dit wat ek werk toe neem, maar ai tog, wanneer ek by die huis kom middae is die versoeking maar groot. Ek het 'n redelike soet tand. Dus ek koop dit glad nie, behalwe as jy nou kleingoed het, sal dit dalk 'n ander storie wees. Die belangrikste van alles;  hou een daggie uit, wanneer jy nie so hard op jouself is nie, dan kan jy maar `cheat' maar moenie alles dan oorboord gooi nie, eet tog binne perke en nie alles wat verkeerd is nie. Môre is jy weer terug in jou roetine. Eet gebalanseerd. Eet 'n paar klein maaltye daagliks, in plaas van 3 groot maaltye. Eet baie lig met aandete. Onthou jou sisteem raak gou gewoond aan klein hoeveelhede. Bly gesond, positief en soek die mooi in die klein dingetjies in die lewe. Alles draai tog maar om keuses. 

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Koolsop dieet
« Reply #2 on: July 06, 2015, 04:23:26 PM »
Kom rapporteer seblief bietjie terug oor hoe die dieet toe afgeloop het?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Koolsop dieet
« Reply #3 on: July 07, 2015, 09:00:06 AM »
Op my ouderdom is my liggaam en my vet al sulke goeie vriende dat ek weier om op n dieet te gaan. Wie is ek om n jarelange vriendskap op te breek

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Koolsop dieet
« Reply #4 on: July 07, 2015, 03:32:06 PM »
Vra ek ook, Naas!   :bunny:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Koolsop dieet
« Reply #5 on: July 08, 2015, 08:35:58 AM »
Die beste verskoning ooit! Laat ek nooit so pragtige vrindskap verbreek nie. Gaan nou dadelik peusel aan ietsie  :bootyshake:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Koolsop dieet
« Reply #6 on: July 08, 2015, 04:48:37 PM »
Ag nee asseblief nie!  Ek het motivering nodig.  Toe ek opgehou rook het het alles mond toe gegaan!  Mei verlede jaar het ek ernstig dieet.  (Geen suiker, vette of kolidrate nie.)  Drie maande later het ek al die gewig wat ek opgetel het verloor.  Harde werk!

Ek stem saam.  Jy moet 'n lewensdieet handhaaf wat gesond is.  Na die vakansie is ek alweer so dik soos 'n bus en moet terugkeer na "gesond eet".

Nou bestudeer ek die bloedgroepdieet.  Wie ken dit?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Koolsop dieet
« Reply #7 on: July 08, 2015, 05:49:29 PM »
Ek het aan 'n bloedgroep behoort. Lank terugkyk. Die helfte van die spulletjie was so negetief dat ek my lidmaatskap opgegee het en nou behoort ek aan 'n positiewe alkohol groep. Hulle is baie meer ontspanne as die bloedbroers.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Koolsop dieet
« Reply #8 on: July 08, 2015, 11:25:32 PM »
My skoondogter het so paar jaar gelede aan soortgelyke dieetgroep behoort. Saam met baie streng oefeninge en getroue voorskrifte gevolg, het sy gespog met 'n pragtige vietse lyfie in hulle advertensie. Ongelukkig kon sy nie volhou nie en het die kilogramme hulle maatjies ook genooi  :crybaby2: Sterkte PM, diekant het ek dieselfde probleem en moet verby ernstig kyk na wat ek in my mond prop!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Koolsop dieet
« Reply #9 on: July 09, 2015, 04:35:49 AM »
Terry,  jy kan dit seker so dun of dik maak soos jy verkies?
Of hoeveel water gebruik jy vir die aftreksel blokkies?
Kan klaar aftreksel wat gekoop kan word, gebruik word?  Alhoewel hierdie aftreksels baie soute bevat en my laat oppof soos 'n kwaad pofadder.
elle

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Koolsop dieet
« Reply #10 on: July 09, 2015, 12:21:03 PM »
Ek het in ses maande dat ek weer tuis is 15kg opgetel. Mens verstaan dit as mens in ag neem dat ek vir meer as drie jaar geen beheer gehad het oor wat vir my te ete aangebied is nie, en dat dit maar treurige goed was wat in my mond moes in.  Toe het ek nou vir 6 maande aanmekaar geparty en gewei.  Maar dit was lekker maar dis ook nou klaar.  Ek dieet nie, ek konsentreer om gesond te eet en porsies te reguleer.  Sal maar sien hoe dit gaan
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!