• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Saam met jou

Started by Ans Botha, June 17, 2014, 10:37:30 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

saam met jou
sou ek om die maan kon vlieg
vir jou sterre pluk
uit die galatika

saam met jou
sou ek die tango kon dans
oor honderduisend ligjare
van die melkweg

saam met jou
sou ek kon sing van liefde
in ‘n nagmars
saam met die rooi dwerge

saam met jou
sou ek die geheim wou oopvlek
oor verblinde ligtende voorwerpe
van die kwasars

saam met jou
sou ek op arendsvlerke
ontslae kon raak
van middernagtelike koue

saam met jou
sou ek vir altyd
wou gaan aftree
op die aandster se rug
©ANS BOTHA

Fransi

Nou het ek heerlik in die ruimte gereis. Pragtige versugting.

Ans Botha

Fransi ek waardeer altyd jou saamlees en kommentaar. Baie dankie

PM

Ek lief dit Ans!    :notworthy:  'n Pragtige herhalende gedig. 
Hoekom is rooi dwerge en arendsvlerke met hoofletters geskryf? 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dit is die sterre se name, of moet dit in klein lettertjies kom? Dieselfde soos die Kwasars.

PM

Dan kom dit in hoofletters.  Wys jou hoe slim is ek!   :sign10:

Om te weet is om te verstaan.

adele

om saam met iemand geliefd af te tree in sterlig en sagte ruimteliefde ... mooi gedig
adéle  :grommit:

Ans Botha

Dankie Adele ek waardeer. PM wat dan van die melkweg? Moet "Melkweg" dan in hoofletters wees? en die "galatika"? "Aandster"? Eish!

adele

#8
Ans, dis 'n vryevers en sommige skrywers gebruik alles kleinletters maar jy mag hoofletters gebruik as jy wil... maar ek sou alles kleinletters kies, selfs tango is die naam van 'n dans maar ons gebruik dit nie as hoofletter nie.
my pennie in die woordpoel, jy moet self besluit hoor.
adéle  :grommit:

Ans Botha

adele eintlik voel ek ook so. Tensy 'n mens nou rerig 'n hoofletter moet gebruik. Ek gaan dit verander dan kyk ons hoe lyk dit dan.

Ans Botha

PM, adele, ek voel tog gelukkig met die gedig soos hy nou is. Sal julle kyk en se hoe julle nou daaroor voel asb? Lyk sommer ook beter.

adele

dis pragtig, onthou dis jou keuse, maar dis asof dit nou gladder lees ... asof hoofletters soms die ritme breek wanneer ek dit hardop lees, al asof ek meer klem op daardie woorde wou plaas ... eishh, as ek dit sò kan verduidelik.
en ek wil nog steeds
...gaan aftree
op die aandster se rug   :love7:
adéle  :grommit:

Ans Botha

Dankie adele. Nee ek wil. Jy is reg dit lees beter en meer vloeiend ook. Baie dankie weereens

PM

Ek stem saam, dit lees nou vloeiend.  Weereens, 'n pragtige gedig Ans!
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dankie PM. Ek waardeer.