• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Geluk Karin en Sharon

Started by PM, June 17, 2011, 01:05:29 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek het 'n voëltjie hoor fluit dat julle twee dames  :read: se werk gewen het in die Woeskompetisie.  Kom vertel vir ons wat julle ingeskryf het en hoe julle gevaar het asseblief.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Edelsteentjie

Karen was 'n finalis in die kortverhale. Die ander finaliste in al die kategorie is aan my onbekend. Dis hartseer dat ek geen skrywers by Woes meer ken nie.

Naas

Woes het vir my ook 'n maanlandskap geword.
Baie geluk met julle prestasies. Ek glo die kompetisie was baie feller as voorheen.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Weet iemand wie die keuring gedoen het?
Om te weet is om te verstaan.

adele

ekke weet nie hoe kies mens wenners uit soveel duisende nie, ek glo daar moet baie ander wees wat net so goed is maar elke wenner se woorde raak die beoordelaar op daardie tydstip die meeste. baie geluk aan almal van julle.

hier is die wenners: [ek ken niemand nie]
...En 2 300 skryfstukke, 4 000 bladsye en 1.4 miljoen woorde later het Gerda Henrico (rubrieke), Maritha Koortzen (artikels), Bez Bezuidenhout (kortverhale), Adri Brits (kinder- en jeugverhale) en Coen Havenga (gedigte) as wenners uit die stryd getree...



adéle  :grommit:

Edelsteentjie

Het reeds maatjie Karen per ander weg gelukgewens. Om finalis status te bereik is ook al 'n prestasie. Naas, dis hartseer maar waar. Ek en woes is leeg vir mekaar.  :dontknow:

PM

Niemand ken die skrywers nie, want toe die Woeskompetisie begin het was niemand nog lede nie.  Dalk het ek die pot mis gesit.  Dalk was dit nie 'n Woeskompetisie nie?

Inligting oor Coen Havenga

Bydrae-kategorie: Rubrieke & Gedigte

Lid vir 1 maand 3 weke 3 dae 20 ure 20 minute

Adri Brits:  Daar is tans geen items in hierdie kategorie, loer binnekort terug.

Bez Bezuidenhout:  Daar is tans geen items in hierdie kategorie, loer binnekort terug.

Inligting oor Maritha Koortzen

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale & Gedigte

Lid vir 3 maande 1 week 6 dae 11 ure 44 minute

Gerda Henrico

Daar is tans geen items in hierdie kategorie, loer binnekort terug.
Om te weet is om te verstaan.

Edelsteentjie

Ag, dis hartseer. Waar is die dae wat almal mekaar en hul skrywes binnekant buitentoe geken het? Mens het so na aanmekaar beweeg. Juis Vrydag aand het Stoffel en sy vrou Katjie Katryn by ons kom braai. Was te heerlik. Hulle besoek die w-blad ook glad nie meer.  :dontknow:

PM

Dit is jammer Edelsteentjie. 

Hier is 'n briefie van Sharon, ek glo sy sal nie omgee dat ek dit met julle deel nie: 

Baie dankie vir die gelukwensinge. Ek waardeer dit regtig baie.

Ek het 3 gedigte ingeskryf vir die Woes kompetisie: Heuning van die Maan, Donkiekar en Windpompswaai. Dit is nog op die Woes webwerf. Ek was slegs 'n finalis in die afdeling gedigte. Soos julle weet, het Coen dit gewen.

Sover ek kon agterkom van die aand se verrigtinge, was die redakteurs en redaktrises van De Kat, Rapport, Lapa en ATKV, die beoordeelaars.

Daar is nie tyd gemaak om stukkies van die werke by die geleentheid voor te lees nie, wat jammer is, want mens sou graag dit wou hoor.

Ek is besig met my eerste digbundel "Plek van my Hart" en Irene van Vuuren doen die redigering vir my. Dit sal seker eers na Augustus die lig sien, omdat my lewe maar gekompliseerd is op die oomblik. As enige een belangstel, laat my gerus weet dan kan ek solank besluit hoeveel boeke om te druk  angel8.

Baie dankie vir julle belangstelling.

Groetnis
Sharon

Sharon, ek sou graag wou weet hoeveel kos die bundel.  Hou dan hierdie spasie dop vir ouens wat belangstel. 
Om te weet is om te verstaan.

Karin

Hi Julle cool mense. Dankie vir die gelukwense. My kortverhaal Die Engelse Rose was gekies tussen die drie wat ek ingestuur het.

Die aand was baie lekker. Ek was sommer op die TV ook Donderdag aand te danke aan 'n vriendin wat gereel het dat kyknet daar moet wees. Dit het my kinners natuurlik vreeslik geniet.

Die oom wat gewen het in die kortverhaal afdeling was so happy dat ek en my sus sommer wou huil van blydskap vir hom.

Al wat half snaaks was van die aand was dat daar nie tweede of derde plekke was nie. Met prysgeld van R150 000 sal mens dink dat dit dalk meer verdeeld sal word. Ek is mos maar altyd oop vir 'n ou geldjie. LOL




PM

Baie geluk Karin,  dit is 'n groot prestasie!  Jy moet laat weet wanneer die program uitgesaai word, ons wil ook sien!

Ja ek stem saam,  met so 'n groot prysgeld kon daar meer wenners gewees het.   :crybaby2:

Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Baie geluk julle, stem met PM saam wil ook die program nie mis nie...is mos mense wat ekke ken daar... :hello2: :hello2: :hello2: :hello2:

:angel12:

Karin

Dit was Donderdag aand op Enuus op kyknet. So daar is net 14 min van my fame oor.

PM

Wat bedoel mevrou dan nou?  Net 14 minute fame oor?  Bly hier by ons,  ons gaan jou nog jare se fame bring.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Vreeslik baie geluk aan Karin en Sharon. Mag dit die begin wees van groot werke en baie boeke / bundels vir julle twee. Laat weet ons asseblief as julle publish dat ons kan gaan KOOP. Ek is altyd oop vir boeke koop.
elle