• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom ons praat KANEEL

Started by Terry, April 07, 2014, 10:49:25 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

As jy te veel van hierdie spesery in jou kos sit, kan jou hele dis verkeerd loop.  Maar as jy dit reg gebruik, kan dit 'n heeltemal nuwe smaak aan jou dis gee.

Hou jy van kaneel?  Gebruik jy dit baie? 

Kom deel jou resepte/wenke met ons.

(Gaan kyk gerus ook bietjie op Youtube na "cinnamon challenge" vir 'n goeie lag.)

Kom ons praat KANEEL   :toothy4:

Fransi

Ek is mal oor kaneel. Kaneelsuiker oor melkpap, bietjie kaneel in roostee, pampoen ens.

PM

Ek lief ook kaneel en 'n bietjie kaneelsuiker oor mieliepap kan die kleingoed se hart steel.

Kaneel is ook 'n moet in "kêriekos".   :icon_biggrin:

Meng kaneel met heuning tot 'n salf.  Dit werk uitstekend vir seerplekke soos spinnekopbyte wat hardnekkig is om te genees. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Kan jy jou 'n paasbolletjie voorstel sonder kaneel?
Ek lief paasbolle met botter op.  Eet stapels daarvan.  Ek moet net 'n plek kry wat ordentlike bolle bak. 
Deesdae is die bakkerye by afdelingswinkels so gedrewe om te lewer, dat gebak op hul rakke eintlik maar nie so lekker is.  Proe pure massa-aksie-bakkery.
elle

Fransi

 :hello2: Onthou ek nou die soet kaneelkoekerige ding wat ek eenkeer in die Kaap saam met my een tannie geëet het. Dit was een van die lekkerste dinge wat ek al in my lewe geproe het.

Elsabe Oosthuizen

Kaneel is so eg Suid Afrikaans. Dit is 'n spesery wat 'n hele paar betekenisse na vore bring, bv Boeretroos, Ouma se kombuis, plaas, winter, verlang, kuier, lekker eet, vriendskap en warmte om maar 'n paar te noem. Sonder die spesery, is enige kok brand arm. Het julle geweet, wanneer jy kaneel oor Hawermout pap gooi, weet jy nie eers jy eet pap sonder suiker nie, en is baie gesonder.

Fransi

Dit is baie interessant, ek sal dit beslis probeer.

Meraai vannie Baai

#7
Behalwe net 'n unieke reuk wat jou terugneem na kultuurdisse van toeka tot nou - het kaneel 26 gesondheidsvoordele. Kan nou nie onthou of ek al oor dit ergens gesels het. Groot 'skuus as ek myself herhaal.

Vir die ouens wat belangstel in die mediese voordele:
http://cinnamonvogue.com/cinnamoncommonuses.html

Dan het ons ook 'n heerlike bederf (ek noem dit sommer Kaneelwieletjies) wat klein en groot laat smul. In 'n japtrap is hierdie lekkerny gemaak, gebak en verorber  :icon_biggrin:

As jy lui is soos ek, is die vinnigste om gekoopte blaardeeg effens groter uit te rol. Druk bruinsuiker (ek gebruik gewoonlik raw sugar ) bo op deeg vas met hande. Jy kan dit so duk strooi as wat jy wil. Dan het ek skoon kaneel geneem en dit bo oor gestrooi. Jy kan ook die suiker en kaneel vooraf meng en dan oorstrooi. Vir my is dit die lekkerste deur eers die laag suiker en dan kaneel oor te strooi. Rol nou op  en strooi nou kaneelsuiker bo-oor. Sny in wieletjies en pak in gesmeerde bakplaat.  Bak tot goudbruin in 200 grade oond. Laat afkoel en sprinkel liggies met versiersuiker. Die koekies smaak soos die gewilde Hollandse koekies wat ten duurste in die winkels verkoop word.



*Appelrosie omring met kaneelwieletjies was die naweek Meisiekind se Engelse soet-brekkie  :toothy4:

Fransi


Meraai vannie Baai

'n Stryd om nie alles gelyk te wil eet nie Fransi. Vinnig en maklik op die koop toe  :headbang: