Author Topic: Kom ons praat BOEREKOS  (Read 7788 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat BOEREKOS
« on: March 03, 2014, 02:50:14 PM »
Wanneer jy die woord boerekos hoor, wat is die eerste dis waaraan jy dink?  Watse boerekos het jy mee groot geword?

Het jy enige lekker resepte om te deel?

Kom ons praat BOEREKOS   :toothy4:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons praat BOEREKOS
« Reply #1 on: March 04, 2014, 08:14:49 AM »
Ek dink aan rys, vleis en aartappels, maar ons het geregte soos bv. die soet-suur-worsie-gereg geƫet.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat BOEREKOS
« Reply #2 on: March 05, 2014, 09:38:57 AM »
I honestly don't know what exactly is meant by "boerekos". is it on a same level as the french provencal or whatever the irish prepare in the rural irish areas or german or dutch in their rural areas? or is it food prepared the way our ancestors prepared it and in this respect it would also differ from our dutch, english, french ancestors and not to mention the portuguese, greek etc. and then what about our african dishes? the pap and sheba, samp and stew, chicken and marog?   

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat BOEREKOS
« Reply #3 on: March 08, 2014, 04:51:55 PM »
Boerekos..  Ek vra Mamma waaraan sy dink as ek se:  Boerekos.. dit is stampmielies en bone.
En ek onthou hoe die bone ge-oes is. Sulke bruin bone.  Al die mooi, vet bone eenkant toe tot 'n hopie en dan afskraap tot in 'n bak.  Die res is seker af strooise toe. Ek weet nie.
Bone en ook die wit stampmielies is in kookwater geweek tot uitgeswel.  Gewoonlik die dag vantevore.  Wanneer die water koud is, is weer warm water oor gegooi.
Tot lekker vet.
Vroeg volgende oggend is dit tesame in 'n kastrol gegooi met weer warm water en dan nader getrek na die warm plaat op die Dover'tjie.  So kook dit stadig en later word lekker vet vleisies ook nader gesleep met 'n aartappeltjie by en as daar was, is kerrie en borrie mildelik bygevoeg. Moenie die sout en peper vergeet in die 'gravel' nie.
Jy kry 'n skep 'gravel' op jou bord en 'n stukkie vet vleisie met 'n aartappel by.  En baie kerriesous.  Heerlik.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat BOEREKOS
« Reply #4 on: March 08, 2014, 05:00:29 PM »
Nog boerekos is groenboontjies.  Deur Oupa gekerf in 'n bakkie op sy skoot.
Met 'n skerp knipmes het hy die boontjies ont-'haar' en gekerf in baie dun skyfies. 
Groenboontjies en uie met 'n aartappeltjie by. En baie peper.

Pampoen.  Snye rou pampoen op 'n bakplaat met suiker en kaneel gebak tot sag. 
As Ouma daai bakplaat uithaal en hompe botter op die warm pampoen op jou bord sit, sien jy niks anders raak nie. 
Die soet stropie is soos poeding.

Patat.  Kleiner, heel patats in die Dover oond, gebak tot die soet stropies uitloop. 
Gryp een wanneer dit gaar is en sit met die botterbak voor jou (keer dat niemand anders die botter gryp nie, as jy kan) en eet tot salig versadig.
Ons het ook patat gekook en dan het Ma die koue patat in ringe gesny en in botter gebak tot goudbruin.  Dit was heerlik met 'n gebakte eier bo-op.

elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat BOEREKOS
« Reply #5 on: March 08, 2014, 05:08:22 PM »
Boere-poedings, Ma, wat het julle as poeding ge-eet?
Jellie en Vla.. en Sago.
Sago gekook in Blommetjie se volroom melk met Hennetjie se eiers tot deurskynend.
Soms is hierdie netso in jou bakkie geskep met 'n homp plaasbotter en Ouma se eie-gemaakte appelkoos jam.
Of in 'n bak geskep met suiker en kaneel en stippels botter bo-op.  Maak die oonddeur toe en wag.
Eet jou kerrievleis en 'gravel' en wag vir die poeding.
Njammies.
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons praat BOEREKOS
« Reply #6 on: March 10, 2014, 10:30:47 AM »
Nou voel ek honger. Heerlik!

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat BOEREKOS
« Reply #7 on: March 10, 2014, 02:14:52 PM »
Please - what is "gravel"?

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat BOEREKOS
« Reply #8 on: March 10, 2014, 06:51:45 PM »
Hi Jeannedarc,
'Gravel' is samp (do you know samp?) and beans (usually red beans) cooked together till nice and soft.
You can buy it nowadays in tins.  Check on the shelf where all the other tinned veggies are.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat BOEREKOS
« Reply #9 on: March 10, 2014, 06:53:40 PM »
By the way, WE used to call it 'gravel'.
I have never heard anyone else call it by that name.
elle

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat BOEREKOS
« Reply #10 on: March 13, 2014, 12:49:15 PM »
if I'm not mistaken, samp is stampmielies and then gravel should be mieliegruis and which should translate to gravel. I absolutely hated it when my mom made mieliegruis or stampkoring - never had a problem with samp though. samp with stewing meat and a lovely thick gravy - uyummy

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat BOEREKOS
« Reply #11 on: March 19, 2014, 06:28:23 AM »
Goeiste, vanaand kook ek boontjies met 'n vetvleisie daarin.   :toothy4:

Vir my is boerekos ook beskuit, vars gebakte brood met aartappelsuurdeeg!  Varkvet met sout en peper vir die brood.  Koeksisters en pannekoek.  Kerrieafval.  Vetkoek met maalvleis.  Bobotie en rys! 

Nou weet ek hoekom ek nooit sal maer wees nie, want ek is 'n boeremeisie wat mal is oor lekker kos!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat BOEREKOS
« Reply #12 on: March 21, 2014, 04:21:49 PM »
Het nou die aand 'gravel' uit 'n blikkie gemaak met 'n lekker vleis-konkoksie daarby.
Ouman het omtrent dit geniet.
elle