• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Droomplaas

Started by Ans Botha, February 25, 2014, 10:11:24 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

voor my lê uitgestrekte lowergroen golf
van bome gras en suikerbos
wat golwe vorm soos die see
met 'n suising van wind om elke rots en klip

in verte blaf 'n koedoe
rotse val pletterend na onder
soos klipspringer spring
van een rots hoër op na ander

ek staar verwonderd reguit
in duiker se wakker oë
wat skielik my pad kruis
dan met swier van my weghardloop

hoog bo my draai 'n valk
op soek na maklike prooi
met een duikbeweging na onder
om dadelik weer op sweef met buit

versteen steek ek vas
my weg versper deur pofadder
wat salig op sy tyd
in veld verdwyn

besef ek my geluk
alles beleef in een dag
op my droomplaas
Godgewe geskenk aan my

Fransi

Ek hou van die kontras/ verkeidenheid in hierdie gedig.

Ans Botha

Dankie Franci ek waardeer jou kommentaar

Angelica

Ek sou graag die klippe wat die ribbok losgetrap het, hoor val ver onder in die kloof.
Dis pragtig.
elle

PM

Ek sien die prentjies en beleef jou liefde vir die natuur. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dankie PM lekker om jou weer hier te sien