• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gemmertert

Started by Terry, February 22, 2014, 12:50:30 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Kors
1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies,
fyngedruk
125 g margarien, gesmelt

Vulsel
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
25 ml (5 t) ingelegde gemmer, fyngekap
125 ml gemmerstroop
10 ml (2 t) gelatien
85 ml (ruim 1⁄3 k) koue water
1 blik (410 g) ingedampte melk, oornag verkoel
4 stukkies ingelegde gemmer vir versiering, gekap

    Smeer 'n tertbord met botter.
    Kors Meng die beskuitjies en margarien saam en druk vas in die tertbord.
    Vulsel Meng die karamelkondensmelk, gemmer en stroop saam en hou eenkant tot benodig.
    Spons die gelatien in die water. Mikrogolf dit 'n paar sekondes tot dit gesmelt is, maar moet dit nie laat kook nie.
    Klits die ingedampte melk by tot stywe punte vorm. Vou in by die karamelkondensmelkmengsel.
    Meng 'n bietjie van die kondensmelkmengsel met die gesmelte gelatien en vou die gelatine dan liggies by die res van die karamelmengsel in. Skep in die tertkors.
    Verkoel tot gestol en versier met skyfies ingelegde gemmer.

Angelica

Ek is versot op gemmer.  Sal enigiets eet net omdat daar gemmer in is.
Dankie vir die resep.
elle

PM

Dankie vir die resep Terry.

Els, het jy al die ingelegde gemmer gekoop?  Dit is daardie pienk velletjies gemmer wat heerlik is net so of in 'n slaai.

Om te weet is om te verstaan.