• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Botterhoender (butter chicken curry)

Started by Terry, February 22, 2014, 12:28:02 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

HOENDER
30 ml (2 e) tandoori-pasta
125 ml (½ k) laevetjogurt
500 g hoenderfilette, in repe gesny
SOUS
15 ml (1 e) tandoori-pasta
15 ml (1 e) garam masala
15 ml (1 e) heuning
1 ui, in kwarte gesny
1 blik (410 g) heel tamaties
1 blik (400 ml) klapperroom
5 ml (1 t) fyn koljander
5 ml (1 t) borrie
1 brandrissie
1 bossie koljander
VIR AFRONDING
15 ml (1 e) olie
vars koljander vir garnering

    HOENDER Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 'n bakplaat met olie.
    Meng die tandoori-pasta en jogurt in 'n bak, voeg die hoenderrepe by en meng goed. Bedek en marineer 30 minute in die yskas.
    Verplaas die hoender na die bakplaat en rooster 10 minute in die oond. Sit eenkant.
    SOUS Meng die sousbestanddele in 'n voedselverwerker tot glad.
    Verhit die olie in 'n groot kastrol, voeg die hoender en sous by en laat prut 10 minute of tot die sous verdik oor lae hitte.
    Sit voor met basmatirys of roti's en garneer met vars koljander net voor jy dit voorsit.

PM

Hierdie resep sal ek beslis probeer sodra ons tuis is.  Dankie Terry.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Oeeee.... dis my favourite sop by Woelies.
elle