Author Topic: Die groot Ses Nul...  (Read 2132 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Die groot Ses Nul...
« on: February 22, 2014, 06:53:43 AM »
Ses Nul...
Kan 'n liederlike ding wees, of dit kan maar net nog 'n getalletjie wees.
Ek meen, nog altyd, nege-en-vyftig jaar lank, was jy 'n junior en skielik, binne 'n sekond van voor twaalf tot die klok 12 slaan, is jy 'n senior.
Dis of die getal so groot en rond is... om te bly, nooit weer om weg te gaan.  Lag vir jou. PRAAT met jou.  Dis of jy skielik besef die berg is baie glad af ondertoe en die reis staan al hoe vinniger en vinniger einde se kant toe.
Ses Nul.  Dis ook die tydstip waarin jy begin dink aan tanne verloor en bokkniee wat styf staan... en jy dalk nie gaan kan tel hoeveel vingers op jou lyf is nie. Wha haaa.
Maar ons beur voort op die vorige dekade en hoop vir die beste.
Hey, nou kan ek my ID flash vir afslag!!
EN... ek vat geen nonsens van kabouters nie.  Mos 'n tannie en mag se en doen wat ek wil.  (Selfs 'n windjie laat en maak of ek nie gehoor het.)
Die lewe gaan aan.  En ek is op die beste plek in my lewe.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die groot Ses Nul...
« Reply #1 on: February 24, 2014, 07:50:50 AM »
Jitte.  Sestig is 'n lekker plek waar 'n mens kan lag oor aller snaaksighede.  Soos wanneer iemand wat jy dink, tien of twintig jaar ouer as jy is, jou "tannie" noem, of die teenoorgestelde:  "Ag nee man, jy is nog bloedjonk!"   :love7:

Plooie?  Plooie is gelukkig nie seer nie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.