• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Begin

Started by Ans Botha, February 06, 2014, 09:33:22 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

wat soos ‘n diamant blink
hang silwer druppels
aan elke takkie
in die oggendson

lyk dit soos ‘n sprokiesland
met doudruppels wat weerkaats
op elke doringdraad
en grassaadjie

soos die oggendson sy kop lig
verdamp elke druppel
vorm silwer randjies
op droeë takkies
en gladde blink drade

verander ‘n koel oggendluggie
in ‘n warm sondeurdrenkte dag
met sweet wat op aangesig
begin vorm aanneem

dankbaar as die aandskemer
oor berg en dal neerdaal
sak ons saam in mekaar se arms
neer op sagte mat van gras

saam wag ons vir die aanster
kyk ons na die maan se opkoms
wens ons ‘n wens
met die skiet van ster.

PM

Mooi gedig Ans.  Ek hoop ons almal kry weer 'n bietjie inspirasie om te skryf hierdie jaar.  Almal was so besig. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ek is darem nog so so aan die gang. My aande raak net te lank.

Is daar iewers iets wat jy sal se ek moet verander?

PM

Dit is net die eerste strofe waar "blink" twee keer gebruik word wat my hinder.  Kom ons hoor wat sĂȘ die ander. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Ans Botha

PM hoe lyk daardie eerste strofe nou vir jou?