• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom ons praat RESEPTE

Started by Terry, February 03, 2014, 09:27:31 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Is jy iemand wat altyd 'n resep volg of gooi jy sommer net speserye en bestanddele bymekaar uit ervaring?

Het jy enige resepte/wenke om te deel?  Wat is jou lekkerste resep?

Kom ons praat RESEPTE   :toothy4:

PM

Ek is 'n slegte resepvolger.  Daar kom altyd iets ekstra by of ek kort iets en vervang dit met iets anders.   :icon_biggrin:

Hier is 'n lekker melktertresep wat maklik maak: 

Melktert

MELKTERT vir 2 middelslag-terte.

Kors:
- 125g botter/margarien
- 50g (60ml) witsuiker
- 1 eier
- 275g (500ml) koekmeelblom
- 10ml bakpoeier
- knypie sout

Vulsel:
- 1,5 l melk
- 50g (60ml)botter/margarien
- 4 eiers
- 200g (250ml) witsuiker
- 70g (150ml) mielieblom
- 70g (125ml) koekmeelblom
- knypie sout
- 5ml vanieljegeursel
- kaneel

Begin deur die botter oor n lae hitte te smelt.
Roer dan die suiker en eier daarby en sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en meng dit met die eiermengsel.
Druk die deegmengsel in 2 tertbakke in en prik die korse.
Bak die korse vir ongeveer 10 minute, teen 180C.

Kook die melk en botter saam in 'n dikboomkastrol.
Klits die eiers en suiker saam totdat dit liggeel en sponsagtig dik is.
Voeg die koekmeelblom, mielieblom, sout en vanieljegeursel by bo-genoemde en klits verder totdat daar geen klonte is nie.
Klits nou 'n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel en klits dan al die eiermengsel by die kookmelkmengsel.
Plaas die mengsel terug op die stoofplaat en roer dit vinnig totdat dit weer kook.
Haal van die stoofplaat af, bedek, en laat vulsel 'n paar minute staan.
Gooi nou die warm vulsel in die korse en gooi kaneel bo-oor.
Bak die terte dan vir ongeveer 10 minute lank verder.
'n Bietjie ekstra suiker kan oor die vulsel gestrooi word, indien verkies.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Vandag is Jongste se verjaarsdag en ek het gou hierdie melktert aanmekaar geslaan.  Heerlik heerlik.
Moenie bekommerd wees as die kors krummelrig is nie, dit bak heerlik. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

My oupa is so lief vir melktert. Ek sal die resep beslis deel.