• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom ons praat BEET

Started by Terry, December 10, 2013, 08:45:22 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Hou jy van beet?  Het jy dalk 'n lekker resep om te deel?

Vertel vir ons van jou wenke en resepte.

Kom ons praat BEET   :toothy4:

Jeannedarc

once in Cape Town I dined in a Turkish restaurant and one of the starters I had, was beetroot sliced in half a centimeter slices and the beetroot was sweet with a slight acidic tang and liberally laced with garlic. I enjoyed this dish so much that I made it once or twice. I did not have the recipe so I made it the way I thought and it came out quite good. And make no mistake - a sweet dish heavy with garlic is absolutely divine.

Terry

Dit klink baie lekker, kan jy dalk jou resep deel asb?  Ek sal graag so iets wil maak.

Jeannedarc

i do not have a recipe - i just cook the beetroot as normal, then once cooked, slice it or dice and add the sugar/vinegar mixture and the garlic. i use chopped garlic if i'm not going to use all at once.

PM

Dit klink baie lekker Natalie. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

So lê ek my beet in.  Dit is heerlik en 'n botteltjie is maklik byderhand. 

Kook sommer so drie pakke beet tot dit gaar is  (sommer in die drukkoker) en verwyder die skilletjies.  (Gooi die beetwater af,  vul dit aan met water tot vier koppies vloeistof en kook dit effens met 1 koppie suiker.  Gooi dit in die voëls se drinkbottel en siedaar!

Maak 'n soetsuur sous so:

Kook alles saam.
1 liter asyn
750 ml ligbruin suiker
1 telepel borrie
4 telepels droë dille  (opsioneel,  maar dit maak net die verskil)
2 eetlepels mosterdsaadjies  (ook opsioneel maar kry dit gerus)
10 telepels mielieblom,  aangemaak  met 'n bietjie water

Jy kan die beet in stukke sny of dit net so heel in bottels plaas.  (Ek hou altyd my leë botteltjies en bedel dit terug wanneer ek die beet of ander kossies uitdeel.   icon_biggrin )

Gooi nou die sous oor tot die bottel heeltemal vol is en skroef toe.  Bêre dit maar in die yskas.  Njammies!
Om te weet is om te verstaan.

Terry

Ek is lief vir enige iets soet saam my kos en hierdie resep klink maklik en heerlik, dankie PM, ek gaan dit defnitief probeer.

PM

Ek het gister 'n paar botteltjies beet ingelê vir ons kersete.  Dit is lekker om 'n paar resepte te hê wat 'n ou voor die tyd kan maak. 
Om te weet is om te verstaan.