• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Mrs. Balls se blatjan

Started by PM, December 04, 2013, 04:11:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Mev. HS Ball se blatjang
'n Bekende tydskrif in Suid Afrika het die ontstaan van die wêreldberoemde en uitgevoerde Mev. HS Ball se blatjang nagevors. Hulle spoor toe nie net nasate van Mev. Ball op nie maar kry toe ook 'n afskrif van die oorspronklike resep asook toestemming om dit te publiseer. Die resep is gekook en getoets en die proepaneel het besluit dit is selfs lekkerder as die blatjang wat tans kommersieel beskikbaar is. Carolie de Koster het die resep verklein en effens aangepas om dit meer geskik te maak vir 'n gewone huishouding.

Voorbereidingstyd: 30 minute plus week van vrugte vooraf
Gaarmaaktyd: 1 uur
Lewer: 3 – 4 botteltjies (afhangend van die grootte)

350 g gedroogde perskes
150 g gedroogde appelkose
500 ml wit asyn
125 ml bruin balsamiese asyn
600 g suiker
500 ml grofgekapte ui (2 medium uie)
30 ml sout
10 ml rooipeper

Plaas die vrugte in 'n glasbak, bedek met die wit asyn, maak die bak toe en week 3 – 4 uur of oornag.

Dreineer die vrugte maar behou die asyn. Kap die vrugte op 'n kapplank tot matig fyn.

Plaas die vrugte, gedreineerde en balsamiese asyn, suiker, ui, sout en rooipeper in 'n vlekvrye staal of geëmaljeerde kastrol en bring tot kookpunt. Verminder die hitte, bedek gedeeltelik en laat baie stadig prut terwyl af en toe geroer word, totdat die vrugte sag en die mengsel die regte konsistensie het.

Giet die warm mengsel in gesteriliseerde verseëlbare botteltjies, laat afkoel en bewaar in die yskas of, om dit vir 'n langer tyd op die rak te bewaar, bedek die bokant met gesmelte wit kerswas.

Variasies
Om "warm" blatjang te maak, voeg 1–2 gekapte ontpitte groen of rooi brandrissies saam met die rooipeper daarby.
Om perskeblatjang te maak, vervang die appelkose met nog perske.
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

I must say this is a very educating forum. I didn't know the afrikaans for an enamel pot and now I know. I knew the terms "erdepot" and "geglasuurde pot". thank you.

PM

Ha-ha, ek het ook stil gestaan by "geëmaljeerde pot" Natalie.  My tong het ook gestruikel oor "proepaneel".   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :headbang: Giggel nog steeds (ek het ook die erretjie mis gelees by proepaneel.)

PM

Skuus ek antwoord so laat, maar dit bring darem 'n glimlaggie na vore.   :wave:
Dalk sal dit nou beter gaan met my internet.
Jannas is ook hier uit NZ en hy kan help om 'n paar haakplekke uit te sorteer. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Goeie nuus!  :notworthy: :icon_salut: vir jou slimkind