• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Pizzadeeg en basis-sous

Started by PM, November 25, 2013, 08:52:48 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Twee-bestanddeel-pizzadeeg.

Bestanddele:

    1 koppie self raising meelblom
    1 koppie natuurlike jogurt
    ekstra meel vir die uitrol

Maak nou so:

Meng die meel en die jogurt om 'n bal te vorm.
Plaas dit op 'n meelbestrooide plank.
Knie vir 5-8 minute. Rol dit uit en plaas dit in die pan wat jy gaan gebruik.

Notatjies:

    Jy kan een pizza maak met hierdie deeg, maar dit sal natuurlik afhang van die grootte van die bakplaat wat jy gebruik.  Wanneer ek pizza maak gebruik ek 'n groot oondpan met dubbel die bestanddele.
    As die deeg effens klam is kan jy 'n bietjie meer meel oorstrooi.  Hoe meer jy knie hoe beter raak die deeg.


'n Heerlike tamatiesous vir Pizza.  Verdubbel die resep en plaas die helfte in 'n glasfles in die yskas.  Dit sal vir 'n week hou.

Bestanddele:

    1 eetlepel olyfolie
    1 ui, fyn gekap
    1 knoffelhuisie ook fyn gekap
    2 eetlepels tamatiepasta
    2 koppies fyn gekapte tamaties, of 1 blikkie fyn tamaties
    1 telepel bruinsuiker
    1 telepel fyn origanum
    Sout en peper

Maak nou so:

Braai die uie en knoffel tot sag.
Voeg die tamatiepasta by en kook vir so drie minute.
Voeg die res van die bestanddele by en roer om te bind.
Laat dit onbedek prut vir 20 minute of totdat die sous verdik het.  Roer kort-kort om aanbrand te verhoed.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi