Author Topic: Kom ons praat KAAS  (Read 5299 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat KAAS
« on: November 25, 2013, 08:40:05 AM »
My gunsteling ding om te eet is kaas.  Kaas is my baas en ek kan dit die hele dag eet.  Daar is wel baie mense wat nie van dit hou nie.  Eet jy kaas?  Watse soort is jou gunsteling?

Kom praat saam en deel jou wenke/resepte.  Kom ons praat KAAS   :toothy4:


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat KAAS
« Reply #1 on: November 25, 2013, 11:38:28 AM »
klein tyd  het ek nei van kaas gehou nie en ook nie toe ek getroud is nie. My vrou hou baie van kaas en toe het ek so deur die jare ook geleer kaas eet en is nou er daaroor. Cheddar, verouderde cheddar, blou kaas, cambret, brie, die hele lot is lekker maar van soetmelk hou ek die minste. Op die oomblik porbeer ek kaas en konfyt afskaal oor die suiker en gewig ding. 2 weke gelede het ek 95 geweeg maar ek is bevrees ek het weer 1 of 2 opgetel. ons het nog nie weer i skaal gekoop na die huisbrand nie maar ek weeg maar as ek elke 10 weke by die dokter is vir my inspuiting, dan is dit suprise of dit meer of minder is en sy trap my lekker uit as dit meer raak maar sy prys my ook as dit minder raak.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons praat KAAS
« Reply #2 on: November 25, 2013, 03:49:53 PM »
Ek en my man het eenkeer met 'n herdenking buffet gaan eet en vasgesteek by die kaastafel. :-) Dit was 'n lieflike ete.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat KAAS
« Reply #3 on: November 25, 2013, 04:04:49 PM »
Ek kan kaas eet vir ontbyt, saam piesang op 'n geroosterde broodjie.

Ek kan kaas eet vir middagete, op enige iets!  Letterlik enige iets.

Ek kan kaas eet vir aandete, op broccoli, pasta, aartappels, ens ens.

Maar ek probeer myself inhou en onthou die dae wat ek goed soos 'n baba olifantjie gelyk het as gevolg van my liefde vir kaas.

Vandag laat ek myself toe om kaas so nou en dan te geniet.  'n Slaai sonder kaas, is nie slaai nie, jammer.  'n Pasta is net so min vir my pasta sonder kaas.  My heel gunsteling is 'n lekker skerp cheddar of feta.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat KAAS
« Reply #4 on: November 25, 2013, 07:29:11 PM »
O lieflik!  Ek lief enige kaas.  Ruil enige tyd 'n nagereg vir 'n kaasbord!  Njam-njam.
Ek stem saam, daar is 'n paar geregte wat nie tot hul reg kom as daar nie kaas in of oor is nie.  Wat sal 'n pizza nou wees sonder kaas?   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat KAAS
« Reply #5 on: November 25, 2013, 08:12:50 PM »
'n dik sny cheddar kaas met konfyt of heuning op.....heerlik lekker ( sonder die brood )

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat KAAS
« Reply #6 on: November 25, 2013, 09:50:57 PM »
Basiese roomkaasdompel. 

Hierdie roomkaasdompelresep is eenvoudig om te maak.  Ek noem dit 'n "basisresep" omdat 'n mens allerhande bestanddele kan byvoeg om verskillende geure op te toor.

Mens maak so:
Begin met 'n bakkie roomkaas in 'n mengbak.
Voeg 2 eetlepels mayonnaise
3 eetlepels suurroom
en 'n skootjie Worcesterskhiresous by.
Klop alles goed saam en voeg sout en peper na smaak by.

Nou kan jy verder self eksperimenteer met knoffel, suurlemoensap, gebraaide spekkrummels, ens. 

Ek lief dit net so met kaasstokkies. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat KAAS
« Reply #7 on: November 28, 2013, 02:35:12 PM »
ek lief haloumi en peper kaas - ag sommer al wat 'n kaas is