Author Topic: Vicky ontdek 'n eier  (Read 2118 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Vicky ontdek 'n eier
« on: November 21, 2013, 05:05:11 PM »
Vicky ontdek ‘n eier

Vicky en Bella se ontdekking van die plaas het nog nie gehoorlik begin nie. Die Wonderboom wat hulle ontdek het, is nog vars in hulle geheue. Vickyk loop en kou aan ‘n appel met Karolus, die perd, kort op haar hakke.  Die perd is vreeslik mak, maar wil nie hê hulle moet op hom ry nie. Sy vermoed die perd dink dat hy ‘n hond is en op honde ry mens mos nie. Karolus eet soms saam met hulle hond en hy sou seker kon blaf as hy graag wou.
Karolus gryp met sy bek Vicky se appel uit haar hand toe sy nie oplet nie en maak dat hy wegkom. So ‘n niksnuts! Sy hardloop agter Karolus aan, maar weet dit is verniet en kom hygend tot stilstand. Sy kan nie wen teen ‘n perd nie.  Terwyl sy nog gebukkend vorentoe staan om haar asem terug te kry, sien sy ‘n snaakse voorwerp in die gras lê.  Sy tel die voorwerp op en voel dis sommer swaar van al die grond en gekoekte blare om dit. Dit is so vuil dat sy nie ‘n idee het wat om van die vreemde koekspul te maak nie. Sy rek haar hemp lank uit sodat dit ‘n holtetjie vorm en sit die voorwerp binne-in. Versigtig loop sy met dit huistoe. Bella speel pop onder die koelteboom en kyk op toe Vicky stadig verby haar loop. “Het jy maagpyn sus?”,vra Bella. “Mamma kan vir jou van daardie dik wit goed gee om te drink. Jy weet mos daardie slegte goed wat sy ons altyd ingee wanneer ons maagpyn het.” Vicky skud haar kop. “Ek het nie maagpyn nie, maar het iets ontdek. Kom saam, dan gaan kyk ons wat dit is.” Bella laat haar nie twee keer nooi nie en los haar poppe net daar onder die boom. Sy verlaat Vicky se sy nie vir ‘n oomblik nie.  Vicky dink vinnig en stap badkamer toe. Sy gaan die voorwerp afspoel en kan dalk beter sien wat dit is as dit eers skoon is.  Sy draai die kraan oop en daar spoel die gekoekte grond en blare in die wasbak. Die wasbak begin vol raak, want al die blare begin die wasbak verstop. Bella skep handjiesvol van die blare uit en gooi dit in die vulligblik. Stadig maar seker word ‘n wit eier ontbloot. Die eier is amper dieselfde vorm en grootte soos ‘n volstruis eier, maar hierdie een het blou kolle op. Hulle kyk vir mekaar en gaan wys die eier vir hulle ma. Sy is baie verbaas om so ‘n eier te sien. Sy het ook nog nooit so ‘n eier gesien nie. Sy maak ‘n grappie dat hulle die eier moet weggooi, maar die twee dogtertjies se gesiggies wys duidelik hoe geskok hul is. Sy lag en die dogtertjies sien dat hulle ma net verspot is. Sy gee vir Vicky ‘n handdoek en verduidelik dat Vicky die eier moet toedraai om dit warm te hou. Wie weet, dit broei dalk uit. Vicky sit die eier in ‘n houer langs haar bed, snoesig toegedraai in die handdoek.  Sy gaan elke dag kyk wat gebeur.
Die volgende oggend is die eier groter en die kolle kleiner, maar die keer geel. Almal is nuuskierig en Bella kry die plan om die eier elke dag af te neem sodat hulle kan kyk hoe die eier verander. Vicky fluister vir haar sussie dat hulle die eier moet saamvat Wonderboom toe. Die boom met die verskillende kamers vol diertjies wat hulle ‘n rukkie terug ontdek het. In die een kamer binne die boom is mos ‘n uil en hy bewaak ‘n klomp boeke. Hulle moet by uil gaan hoor. Dalk weet hy iets. Hulle vat ‘n mandjie en sit die eier daarin met handdoek en al en neem dit boom toe. Weer klim hulle versigtig by die boom op. Eers klim Vicky en maak ‘n tou aan die boom se een tak vas. Dan katrol hulle die mandjie met die tou boontoe en Bella klim ook op. Hulle gaan deur die deurtjie en word soos die vorige keer weer ingesuig.
Uil kyk na die eier en volgens sy mening is dit ‘n spesiale soort voël. Die Pokkedaris voël. Die voël kom net in sekere plekke voor en net elke vyftig jaar. Mense kry nie elke dag die kans om so ‘n voël te sien nie en Vicky-hulle is baie gelukkig om so ‘n kans te kry. Die eier gaan nog ‘n paar keer verander en op ‘n dag sal die eier oopkraak en moet hulle naby wees. As hulle weg is van die eier in daardie tyd, sal die kuiken in klip verander. Die een wat daar is, sal die kuiken aanvaar as sy ma en bring groot geluk. Ongelukkig kan uil nie vir hulle sê wanneer die voël gaan uitbroei nie, want elke Pokkedaris broei verskillende tye uit.
Gelukkig vir Vicky-hulle is dit vakansie en kan hulle die eier goed bewaak. Hierdie kuiken mag nie in klip verander nie. Elke dag is die eier groter en die kolle kleiner. Die kolle was al amper elke kleur van die reënboog. Vicky sit op ‘n dag en eet aan haar roomys, toe sy ‘n gekraak hoor. Sy spring op en die roomys val op haar hemp. Sy storm nader aan die mandjie en sien hoe die dop beweeg. Sy skree vir haar ma en sussie om te kom kyk en selfs haar pa kom nader. Hy was net mooi daardie tyd in die huis om water te kom drink. Almal hou asem op en wag vir Pokkedaris om sy verskyning te maak. Hulle gaan hom sommer so noem, want dis ‘n spesiale naam. Eers sien hulle ‘n bloedrooi snaweltjie wat pik-pik aan die doppie en daar wip ‘n pers koppie uit met die eierdop helfte nog op sy kop soos ‘n hoedjie. Hy dink seker hy kan vlieg, want hy wapper die helderste groen vlerkies op en af. Vicky dink dat sy ook seker sou wou rek en strek as sy so lank in ‘n eier opgekrop moes wees. Pokkedaris is ‘n groot kuiken. Vicky en Bella kan amper op hom klim, maar dit sal die arme kuiken laat dink dat hy ‘n perd is. Dan sit hulle met twee diere wat ‘n identiteitskrisis het.  Sy geel ogies kyk wakker rond en hy kyk vir Vicky en maak ‘n snaakse woerr geluid. Hulle moes uitvind wat hy eet en daarvan in voorraad hou, anders sou hulle nie kon huishou met die arme kuiken nie.
Pokkedaris word gou groot en volg vir Vicky en Bella oral rond. Sommer so in die hardloop eet hy insekte uit die lug. Hy geniet dit vreeslik om buite te wees, maar saans slaap hy in sy mandjie in Vicky se kamer waar hy uitgebroei het. Hulle weet nie wat hulle met hom gaan maak wanneer hy groot is nie. Hy sal moet buite slaap. Uil het nie vir hulle baie inligting gegee oor Pokkedaris nie. Dit is net asof uil wou hê hulle moet self sy maniertjies uitvind. Hoe groter Pokkedaris word, hoe langer word sy stertvere en hy is alte trots op dit. Hy is ‘n spelerige voël en selfs Karolus die perd loop deur. Hy spring op Karolus se rug en die perd begin hardloop asof sy lewe daarvan afhang. Pokkedaris pik na die hond se ore en dan spring die hond al blaffende op en Pokkedaris wapper net sy groen vlerke.
Nou het Pokkedaris volwassenheid bereik en sy gedrag begin verander. Hy speel nie meer so baie met hulle soos hy altyd het nie. Vicky en Bella raak bekommerd en hulle begin dink dat hy dalk siek kan wees. Hulle vertel vir hul pa en hy reken dat hulle hom net moet dophou, dalk waai dit self oor. Pokkedaris gaan staan gereeld op die dak en staar die lug in op. Dan maak hy die heeltyd woerr-woerr. Hulle gaan weer Wonderboom toe en soek vir uil wat tussen sy geliefde boeke sit. Vicky vertel dadelik vir uil wat fout is en uil soek dit in sy boek op. Bella kan dit later nie meer hou nie en por uil aan om tog asseblief te sê wat fout is. Uil maak keelskoon en praat stadig sodat die dogtertjies kan verstaan. Pokkedaris is nou ‘n paar maande oud en het volwassenheid vereik. Die dogtertjies knik hulle koppe en uil vertel vir hulle dat Pokkedaris amper gereed is om hulle te verlaat. Hy gaan vir hom ‘n maaitjie soek en dan gaan hy en die maaitjie saam nes maak. Die meisies is geskok om dit te hoor. Hulle wil nie hê dat Pokkedaris weggaan nie.  Hulle was dan so gelukkig om hom by hulle te hê. Die maaitjie kan mos hierheen kom, maar uil skud sy kop. Pokkedaris voëls gaan weg van waar hulle uitgebroei het en maak nes op ‘n ander plek. Hoekom hy as eier by die plaas te lande gekom het, sal niemand weet nie.
So was dit dan ook. Elke dag wat Pokkedaris op die dak gestaan het, het hy sy vlerke meer en meer geoefen en die dag wat hy vertrek het was ‘n dag wat niemand sal vergeet nie. Pokkedaris het liefdevol by elkeen kom staan met sy kop op elkeen se arm gerus. Hy het sagte woerr klankies gemaak soos ‘n broeis hoenderhen oor haar kuikens.  Dit was sy manier van totsiens sê. Weer het hy op die dak gaan staan en afgekyk na elkeen, sy kop gelig, vlerke oopgesprei en opgestyg die lug in. Soos hy vlieg het sy pers stert goue vonkies opgetower wat saggies op hulle neergedaal het. Dit was asof die son in elke vonkie vasgevang was. Dit het hulle so in vervoering gehad, dat hulle nie vir Pokkedaris sien verdwyn het nie. Vicky het stil ‘n traan weggepik, maar Bella het kliphard aan die grens gegaan en in die huis gehardloop. Hulle ouers het aangegaan met hulle takies, self ook hartseer en Vicky het besluit om Wonderboom toe te gaan. Bo tussen al die blare het sy gesit en huil. Hulle gaan almal vir Pokkedaris baie mis. Hulle het so lief geword vir hom. Die boom sus Vicky saggies heen en weer, asof hy haar wil troos.
So is daar nog ‘n deel van ‘n herinnering wat Vicky in haar skatkis van herinneringe kan bêre. Sy het darem ook nog al die foto’s wat hulle geneem het. Wie weet, dalk sien hulle weer eendag vir Pokkedaris en sy familie.

Die einde

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vicky ontdek 'n eier
« Reply #1 on: November 23, 2013, 05:06:27 AM »
Dit is pragtig Anicia.  Ek geniet jou stories. 

Ongelukkig kon ek nie die radiostasie wat jou storie uitgesaai het, opvang nie.  Vertel tog 'n bietjie hoe dit gegaan het.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Vicky ontdek 'n eier
« Reply #2 on: November 23, 2013, 09:24:07 AM »
Heerlike leesgenot.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Vicky ontdek 'n eier
« Reply #3 on: November 23, 2013, 08:45:18 PM »
Hello! Pm, jy is nie die enigste een wat dit nie kan opvang nie. Ek stream maar die radio stasie oor die internet. Die stories word voorgelees deur 'n Issie Geyser. Sy lees 'n stukkie en dan speel sy 'n liedjie tussenin. Oulik gedoen hoor! Lekker naweek verder en dankie vir die belangstelling.  :love7: