Author Topic: Baie reën in kort tydjie  (Read 8422 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Baie reën in kort tydjie
« on: November 17, 2013, 08:35:52 AM »
Vrydag aand 20 oor 5 begin dit reën. Daai wat hulle sê van daai ou vroue met knop kieries reën en katte en honde reën en wolkbreuk reën en harde reën en wat ook al se reën....sommer als gelyk. By die venster uit lyk dit soos emmers water wat van die dak gegooi word. SOmmige mens eseg hulle het 25 mm in 30 minute gehad, ander seg van 50 mm in 1 uur en ander vertel van 75 mm in 4 ure. In elk geval dit was baie. Ons het hier op die plaas deur die nag 70 mm gehad. DIt was suid oos reent wat ons nie ken nie. Toe ons in 1981 25 mm reën uit di esuid oos kry seg my oom as dit so erg uit suid oos reen is daar verspoelings hier na die ooste kant toe. Seg ek vir die vrou hoe harder dit uit die suid oos reen hoe nader is die verspoelings.
In slanghoek, 15 km wes van ons het by Opstal 160 mm gereen deur die nag, seker in so 10 ure se tyd. Agter in Slanghoek lyk die pad toe so.







Stroompie uit die berg



mooi landskap.

Die wingerde lyk pragtig mooi.



Ek kom toe by die huis en eet ontbyt en sê vir die vrou kom ons gaan kyk anderkant Rawsonville, ek hoor daar was nog meer water.

Kom by by Louwshoek se pad en sien dit en  my brein willie lekker glo wat my oë sien nie.



Toe stop die een vrou daar en seg haar man is teen die grond, die wingerd wat hy verlede jaar en vanjaar geplant het is weg, die pale en draad en stokke en grond lê so 7 na 8 km stroom af by pokkkraal. Sy seg hulle het 180 mm gehad laas nag. Di eplase daar lê tussen die berge en teen die rivier. Die water uit di eberge hardloop vinnig af en is groot opvang gebied wat die water op 'n hoop druk.

Ons kan sien daar het vreeslik baie water geloop deur die nag maar dis reeds afgeloop.
Ry toe met Louwshoek se pad en sien daar onder in die wingerd teen die rivier Aling se bakkie staan. Ry toe in daar na hom toe en my oë rek al meer en my kop wil nie glo wat ek sien nie.

Die bruin daar voor is of eerder was wingerd gewees.



van naderby



en nog nader




Die pad tussen die rivier en wingerd. Die rivie rloop nou op die foto soos hy gewoonlik in die winter loop na goeie reën.
Die pad is stukkend gespoel, hoe kan trekkers met spuitpompe nou daar in die wingerd ingaan. Die week moet daar gespuit word. Van die rye se voorpunte is omgespoel en die stokke lë plat.
Die grond is modderig. Waar kry mens weer bo grond om die gate toe te maak en te herstel





Toe ek die skade sien het ek dieslfde gevoel gekry wat ek verlede jaar gekry het toe ons huis afgebrand het, gevoel van verslae. Dis erg, baie erg. Toe besef ek dat ons huisbrnad eintlik 'n kalfie was teen wat die manne teen die rivier ondervind, die assuransie het dit vir ons reggemaak en byna als betaal. Hier moet di emanne self regmaak en self betaal en baie van daai stokke is in hulle maai, sal nei weer kan ordentlik produseer nie. Dis erg, baie erger as wat mens dink. Groot dele van die plase se infrastruktuur is daarmee heen. Bepsroeiings hooflyne wat skade gekry het. Anderkant die rivier het 2 manne groot stukke wingerd en al 2 van hulle se brug oor die rivier is weg, nou kan hulle nie eers met die trekkers en gereedskap daar kom om te begin opruim nie.







Dit lyk op die foto na klein stukkie maar dis so groot mens kan nie als op een foto vasvang nie.






hier waar die klippe lê is eintlik 'n pad gewees








Dan raak ek mos sommer die moer in vir die regering as hulle so aanmekaar karring en krap en moeilik maak vir die landbouers, so asof die landbouers nie genoeg probleme het nie.



Ons het toe verder teen die rivie rop gery.
Die is die een booster pomp vir Worcester se water. Die rivie rloop daar onder waar hy gwoonlik in die reën seisoen loop maar die water het so hoog opgestoot dat die pomphuis se muur plate gebuig het. Dis seker tussen 3 tot 5 meter hoër as die normale watervlak.



Dit wat tussen die groen verkeerd lyk is waar die wter deur die blok wingerd is.



Hans dam is die waterfiskaal by die steteynskloofdam. Hy het die oggend uit die hospitaal gekom na sy been onder die knie afgesit is. 'n Vriend het hom uit di ekaap gebring want di epad na sy huis is verspoel en die handjie trekker is besig om die ergste gate toe te gooi. Daar het bokant sy huis 'n pyp uit di edam gebreek en die water is so 1 meter deur sy huis. Die een werker moes die voordeur met koefoet oopbreek omdat di ewater so strek gedruk het binne in. Hans se rvou was alleen tuis. Sy kon toe darem verder in die buite rondawel slaap. Hier het hulle vasgesit en besef hulle gaan sukkel om deur te kom. Toe hlep ons hulle uittrek.



Die waterpyp na worcster is op 3 plekke gebreek van water wat dwars bo oor die pyp  uit die berg gespoel het.




Dit was pad








Dwarsberg se kamp terreine is verspoel. Die kampers is half 11 uit hulle tente gaan haal om in die saal te slaap. 30 minute later het di erivier die kamp plekke weggespoel met tente en al.








Bosluistepel se onthal area en kamp plek. Hulle het klomp funksies in die weke wat kom maar die rivier laat hulle nie toe om oorkant te gaan nie.








Die rivier is gewoonlik 50 meter wyd, nou is hy 200 meter wyd






















Die tenk het weggedryf




Sjoe dis erger as erg

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie reën in kort tydjie
« Reply #1 on: November 17, 2013, 03:22:25 PM »
Dit is verskriklik erg AB.  Ons harte bloei vir die mense. Ek kry ook so siek gevoel hier binne as ek aan die waterskade in ons eie huis dink en besef waardeur die mense gaan.  Ons hou almal in ons gedagtes.  Dit is 'n lang proses om weer op die been te kom.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Baie reën in kort tydjie
« Reply #2 on: November 17, 2013, 09:22:13 PM »
Dis waar PM daai skade haal mens eintlik nooit weer in nie.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Baie reën in kort tydjie
« Reply #3 on: November 18, 2013, 08:57:24 AM »
Baie sterkte.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie reën in kort tydjie
« Reply #4 on: November 18, 2013, 11:04:51 AM »
Ja, die skade haal 'n mens nie weer in nie.  As 'n mens nog nie deur so 'n traumatiese ervaring is nie, besef jy nie hoe emosioneel dit werklik is nie.  Soos met julle, het ons ook goed verloor wat 'n mens nooit weer kan vervang nie. 
Dit is al 17 maande na die vloed en ek sukkel nou nog om die kleigrond wat van die berg af ingespoel het uit my tuin te kry.
As die huis vir 'n rukkie toe gestaan het ruik dit bedompig as jy die kasdeure oopmaak.  Die ontwrigting wat dit veroorsaak het het my soms teen die mure uitgedryf.  Ons wag nou nog vir die stadsraad se versekering om die losgoed uit te betaal en ons gaan nog baie baklei en baie lank wag!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Baie reën in kort tydjie
« Reply #5 on: November 19, 2013, 07:45:39 PM »
Vandag het van daardie boere 'n helikopter gehuur om wingerd te spuit.




Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie reën in kort tydjie
« Reply #6 on: November 22, 2013, 10:29:11 PM »
Dit lyk baie goed, maar dit kos seker 'n klein fortuin. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Baie reën in kort tydjie
« Reply #7 on: November 23, 2013, 07:13:53 AM »
Dit lyk baie goed, maar dit kos seker 'n klein fortuin. 
ek glo jy wil 'n kort antwoord hê: hier is hy:

Vir my 28 hektaar neem dit 2 trkkeers so om en by 50 uur om te spuit. DIe 28 hektaar kan mens tel as 30 want daar is paaie waaroor hy ry wat ook gedek word en wat die heli ook sal dek.
Dit werk uit op sowat 1,7 uur per hektaar. Ek het 'n trekker met voor snoeier gehuur teen R350 per uur, dis sal huur koste vir trekker en spuitpomp omtrnet slefde wees. Teen huur tarief werk trekker dan uit op R600 per hektaar.
Eie trekker se diesel is net onder 5 liter per uur x 1.7 = 8.5 liter / ha @ R 12.65? = R107,50 se diesel per ha en die slim mense seg jy kan slytasie selle reken as brandstof.
= R107 x 2 = R 215 per uur plus trekker drywer se loon van R15 per uur x 1.7  = R240 per hektaar vir jou eie trekker.

Vliegtuig kan dlak goedkoper wees maar sal moeilik tussen die bome en drade vlieg. Hier is baie 11 000 volt krag drade wat deur die wingerde loop vir die boorgate. Die heli se landing is ook makliker, hie ris nei land plek vir di evliegtuig nie.

Ja as mens vasdraai en jyt genoeg bure om te help deel in die heli se spuit sal dit 'n opsie wees.
Die spuitstof, met die trekker spuit ons sistemies en kontak stowwe en lokaal sistemies wat goedkoper uitwerk as vol sistemies want ons kan die goed in die stokke in blaas. Met die heli spuit hulle vol sistemies wat duurder is want jy is nei seker dat die spuitstof orals in die tsok kom nie en om seker te maak word vol sistemies gebruik. Dit bly steeds 'n opsie in nood soos in hierdie geval.

Die lang antwoord gaan seker 3 keer so lank wees en meer presiese navorsing wees.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Baie reën in kort tydjie
« Reply #8 on: November 23, 2013, 09:17:16 AM »
Dit klink ingewikkeld.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie reën in kort tydjie
« Reply #9 on: November 24, 2013, 06:57:33 PM »
Baie dankie AB, vir die uitleg.  Ek wil altyd weet.   :icon_scratch: 

Dit is al daardie kostes wat die verbruiker nie van weet nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Baie reën in kort tydjie
« Reply #10 on: December 21, 2013, 09:17:04 PM »
praat jy van koste. ek het gelees iemand slim het geseg: die boer is die enigste besigheidsman wat anakoop teen kleinhandel prys en verkoop teen groothandelprys en dan betaal hy nog die vervoer weerskante toe ook.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie reën in kort tydjie
« Reply #11 on: December 21, 2013, 11:45:15 PM »
As 'n mens NZ dollers het om hier te koop sal ons soos konings leef.  Die groentepryse is werklik baie redelik, ongelukkig kos elke doller ons R9.00

Om te weet is om te verstaan.