• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gemmerbier

Started by PM, November 15, 2013, 01:58:55 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

7 x 750 ml bottels water
4 koppies suiker
1 koevertjie suurdeeg (20g) of
een koekie suurdeeg
3 teelepels kremetart
1 dessertlepel gemmer
‘n Handvol rosyne
Een dik sny brood
Metode
Meng die water, suiker, rosyne, gemmer en kremetart in ‘n groot emmer.
Neem ‘n eenlitergrootte yoghurthouer en plaas die suurdeeg daarin.
Voeg een eetlepel suiker en een koppie louwarm water by. Laat die mengsel staan totdat dit gerys het tot bo.
Plaas nou ‘n dik sny brood (wit of bruin) bo-op die watermengsel in die emmer. Dit sal bo-op dryf. Giet die suurdeegmengsel nou bo-oor die brood. Bedek en laat staan vir twee tot drie dae, tot die rosyne uitgedy het.
Giet nou die mengsel deur ‘n sif en verdeel in bottels. Die rosyne kan weer bygevoeg word.

Onthou om die gemmerbier in die yskas te stoor met bottels wat kurkproppe op het as dit moontlik is, anders kan dit dalk ontplof. 

As jy dit bedien, vul die glase met 80% gemmerbier en die res met limonade. 
Om te weet is om te verstaan.