• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Stemvanger

Started by Jeannedarc, November 14, 2013, 11:10:03 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Ek wil so graag
'n Klankfuik bou
waarmee ek die luiddrugtige
se geskree kan vang

Ek wil so graag
'n tong gatsometer bou
sodat ek kan meet
die spoed waarteen
die pratende tong beweeg

ek wil so graag
'n toorstokkie bou
waarmee ek
die luiddrugtig-kompulsiewe prater
na Mars kan wegtoor

Fransi

Ai, die tong. :-)

Goed geskryf.

Jeannedarc

Baie dankie Fransi

Ek het hierdie geskryf uit irritasie. Ek was in die ontvangs van 'n kantoor en van die mense wat te lank in die oond was, staan en skree vir mekaar. die sekuriteit sien toe ek gluur die een party aan en se vir my: hulle raas baie ne.

PM

Pragtig geskryf Natalie.  Dit is verseker 'n merske frustrasie!
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha