• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom ons praat TAMATIES

Started by Terry, November 11, 2013, 12:03:41 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Vir my is tamaties heerlik in en op omtrent enige ding wat ek eet, maar nie almal voel dieselfde nie.  Daar is baie mense wat dit glad nie wil of mag eet nie.

Het jy enige wenke of resepte? 

Kom gesels saam, kom ons praat TAMATIES   :toothy4:

Fransi

Tamatie en avo-slaai met suurlemoensap. Heerlik. :-)

PM

Ek lief tamaties, rou en soms gaar, maar meer rou.
'n Braaibroodjie met tamatie, uie en kaas is een van my gunsteling disse. 
'n Oopbroodjie met tamatie en origanum.  Hmmm!
Om te weet is om te verstaan.

Terry

Ek is netso lief vir braaibroodjies met tamatie, kaas en uie, maar ek dink my gunsteling is die klein kerstamaties stadig gerooster in die oond met olyfolie.  Dit is dan heerlik gemeng met pasta en bietjie parmesan kaas bo-oor.

Hier is nou iets wat ek gewens het ek het hierdie naweek al geweet, as jy sonbrand het, kan jy fyngemaakte tamatie met jogurt meng en aansmeer aan die seer gebrande dele, wat help om die warm vel af te koel.  Die jogurt reaggeer as 'n bevogtiger terwyl die tamatie die vel streel.

PM

Ja, dit sou gehelp het nê! 

Terry, jy maak my altyd honger!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

AB

tamaties is heerlik en help prostaat kanker keer maar dit gee gout wat skrik vir niks.

Terry

Vertel my van dit AB.  As gevolg van die gout probleem koop ons nou nooit meer tamaties in hierdie huis nie, en dis nou wanneer ek die meeste na dit moet smag.

Ek wonder, kan dit die gout vererger as die tamaties gaar is?


AB

gits ek weet nie van gout en gaar of rou tamaties nie. Dis blykbaar die suur in die tamaties en as die tamatie gaar is het die suur waarheen gegaan?

Jeannedarc

gout is die effek van te hoe uriensuur en ek het my bedenkinge of enige produk wat suur bevat, 'n alreeds verhoogde uriensuur gaan vererger. maar dis my eie mening want ek het nog nooit gout gehad nie, nie waarvan ek bewus was of is nie. blomkool en broccoli geprut in tamatie en uie smoor met sout, grated black pepper and cinnamon en feta oor gefrommel en dan in die oond vir 45min. nou ek is nie lief vir enige van die kool-vorme nie maar ek maak hierdie gereg en wil dit nie deel nie.

AB

dalk kan ons op i ander draad oor gout gorrel. et wete net dis vrek seer, weet nei of nierste of gout die ergste is nie, ek dink dlak nierstene, ek het al al 2 gehad.

PM

Gelukkig is ek ook nie met gout gepla nie, maar ek het al gesien hoe erg dit pyn kan veroorsaak.  Ek dink mense wat gout kry moet wegbly van bier af.  Tamaties? 
Om te weet is om te verstaan.

Terry

Hier is 'n lys van kosse wat vermy moet word as jy gout het.  Snaaks genoeg word tamaties nie genoem nie.

http://blpublications.com/html/Gout.pdf

AB

ek het al gewonder wat mag ek eet, lyk my dis net koue water en warm liefde waarvan ek mag leef. ek kry gout, het al nierstene gehad, hoë bloeddruk en geneig tot hoë cholestrol en geneig tot hoë suiker. wat vir die een goed is is vir die ander sleg.
ek het 6 weke gelede uitgevind my suiker neig hoog en toe maak ek punt daarvan om minder suiker en kJ kos in te neem en net 1 bord kos ipv 2 per ete en nie tussen in peusel nie en gas koeldrank uitsny. was vandga by dr en sy seg dis die laagste wat my bloeddruk nog by haar gemeet het en ek het in di e6 weke 5 en half kg afgeval.

Angelica

Tamaties en ertjies is die eerste kosse wat ek na smag as ek bietjie tekort het aan vitamienes of dinge.
Vars, vars tamatie op 'n toast broodjie met botter/marg en vars peper... mmmmm.
(Ek eet nie ekstra sout nie.)
elle

Terry

Sjoe AB, dis wonderlik!  Dit wys mens net dat as jy 'n lewenstyl verandering maak hoef mens nie te dieet nie.  Baie geluk.