Author Topic: Kom ons praat TUISGEMAAKTE BROOD  (Read 5814 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat TUISGEMAAKTE BROOD
« on: March 25, 2014, 09:31:16 AM »
Hou jy van jou eie brood bak?  Het jy 'n spesiale resep wat jy kan kom deel?  Met watse disse sal jy graag 'n tuisgemaakte broodjie bak?

Kom ons praat TUISGEMAAKTE BROOD   :toothy4:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat TUISGEMAAKTE BROOD
« Reply #1 on: March 29, 2014, 11:05:02 AM »
Plaasbrood:

Meel - nog nooit geweeg of afgemeet
Sout - nie te veel nie.
Suurdeeg - pakkie Anchor
Lou water - besluit self hoeveel.  Hou sommer 'n beker vol byderhand.
Gooi meel in 'n kniebak (dis nie 'n bak waarin jy gewoonlik kniel nie.... :toothy4:)
Maak holtetjie.  In die meel, natuurlik.
O nee, wag, gooi eers die sout in die meel. Roer om.  Maak nou daai holtetjie.
Gooi pakkie Anchor in
Gooi nou lou water in
Dolwe om en krap bymekaar.  
Gooi nog water by indien nodig.
Maak jou hande skoon met 'n bietjie meel uit die pakkie.
Nou....  knie dat die sweet loop.  Eintlik is jy besig om daai bol deeg te donnnnnnner met die vuis.   :headbang:
Wanneer die deeg elasties is, maak 'n bol onder in die kniebak en smeer met 'n bietjie bottertjies.  Gooi 'n doek oor.
Sit die bak in die vensterbank in die sonnetjie en wag.
Wanneer goed gerys, knie af en sit in bottergesmeerde pannetjies.
Bedek weer en laat weer rys.
Nou moet die oond warm gemaak word, maw, skakel aan.
Pannetjies in die oond en bak tot bruin en krakerig bo-op, ongeveer 'n uur teen 350 grade C
As die kinners van die skool kom, sny dik sny warm brood en sit voor met plaasbotter en appelkoos jam.
Njammies.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat TUISGEMAAKTE BROOD
« Reply #2 on: April 03, 2014, 06:35:21 AM »
Heerlik heerlik! 

Terrry, kry 'n bietjie Gerhard se broodresep en plaas dit vir ons asseblief, dit is altyd 'n wenner. 

'n Mens kan lekker tuisgebakte brood saam met enige dis voorsit of net so enkel eet!  Ek verkies dit met heerlike vars plaasbotter! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons praat TUISGEMAAKTE BROOD
« Reply #3 on: October 20, 2021, 01:21:18 AM »
Outop se Soet-Pot-Brood



So maak mens:
1 koppie suiker
700 ml warm water
1kg meel (koekmeel)
10g droee gis
10 ml sout
15 ml olie.

Meng meel, sout, gis en suiker.
Maak holte in mengsels en voeg water bietjie-bietjie by terwyl geknie word.
Voeg olie by en knie tot deeg elasties is.
Smeer met olie en laat rys.
Knie deeg af.
Maak groterig bolle en plaas in bottergesmeerde swartpot.
Laat weer rys.
Sit deksel op en bak vir 1 uur teen 180 grade in oond (of kole buite soos verlang).

« Last Edit: October 26, 2021, 07:41:33 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat TUISGEMAAKTE BROOD
« Reply #4 on: October 20, 2021, 03:55:53 AM »
Heerlik heerlik.  Dankie vir die deel Raaitjie.   :occasion14:   of     :coffee2:  vir my asseblief.  Dit is nou 4 uur.  Ja, in die oggend.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons praat TUISGEMAAKTE BROOD
« Reply #5 on: October 20, 2021, 04:20:18 AM »
12.18 diekant van die aardbol. Hou daardie beker suster, ek skink vir ons  :coffee2: Ek gaan nou gou die pandok begin opruim. Skandalig weer myself verloor by jou plasing oor ironie. Bring sommer 'n drukkiedankie vir die mooi woordspore wat jy daar gelaat het saam die koffie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat TUISGEMAAKTE BROOD
« Reply #6 on: October 20, 2021, 04:42:05 AM »
Dit is altyd my plesier!  Sny 'n stukkie van daai broodjie man.  Dit lyk so lekker en saam met 'n koppie boeretroos kan dit net lekker afgaan. 
Om te weet is om te verstaan.