Bak en brou > Item vir die week

Kom ons praat TAMATIES

(1/5) > >>

Terry:
Vir my is tamaties heerlik in en op omtrent enige ding wat ek eet, maar nie almal voel dieselfde nie.  Daar is baie mense wat dit glad nie wil of mag eet nie.

Het jy enige wenke of resepte? 

Kom gesels saam, kom ons praat TAMATIES   :toothy4:

Fransi:
Tamatie en avo-slaai met suurlemoensap. Heerlik. :-)

PM:
Ek lief tamaties, rou en soms gaar, maar meer rou.
'n Braaibroodjie met tamatie, uie en kaas is een van my gunsteling disse. 
'n Oopbroodjie met tamatie en origanum.  Hmmm!

Terry:
Ek is netso lief vir braaibroodjies met tamatie, kaas en uie, maar ek dink my gunsteling is die klein kerstamaties stadig gerooster in die oond met olyfolie.  Dit is dan heerlik gemeng met pasta en bietjie parmesan kaas bo-oor.

Hier is nou iets wat ek gewens het ek het hierdie naweek al geweet, as jy sonbrand het, kan jy fyngemaakte tamatie met jogurt meng en aansmeer aan die seer gebrande dele, wat help om die warm vel af te koel.  Die jogurt reaggeer as 'n bevogtiger terwyl die tamatie die vel streel.

PM:
Ja, dit sou gehelp het nĂȘ! 

Terry, jy maak my altyd honger!   :love7:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version