Author Topic: Kom ons praat LENSIES  (Read 5639 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat LENSIES
« on: October 28, 2013, 10:13:53 AM »
Lensies is die wereld se oudste bewerkte peulgewasse (bone) en is gepak met voeding.

Hou jy van lensies?  Kom deel gerus jou wenke/resepte/raad.

Kom ons praat LENSIES   :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat LENSIES
« Reply #1 on: October 28, 2013, 10:44:47 AM »
Dankie Terry. 
Die meeste wat ek van lensies weet is om dit in sop te gebruik.  Ek moet bieg, ek het dit nog nooit gemaak nie.  Dalk is hier iemand met lekker resepte. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat LENSIES
« Reply #2 on: October 28, 2013, 11:16:20 AM »
Ek het dit ook nog nooit self gemaak nie.  Doen van vandag "clean eating" om teen Desember op die strand te kan loop sonder om soos 'n walvis te lyk.  :icon_biggrin:

Gelukkig is die internet 'n wonderlike hulpmiddel en ek het soveel resepte gekry vir lensies.  Resep hieronder vir lensie slaai.

2 eetlepels extra-virgin olyfolie
1 eetlepel rooiwynasyn
1 koppie lensies, gekook, gedreineer, afgespoel
1 klein rooi peper, gekap
1 klein avokado
1/4 rooi ui, dun gesny
feta kaas
slaaiblare

Spoel jou lensies goed af en kook vir 30 -40 minute.  Dreineer en spoel weer af.
Sny al die ander bestanddele op en meng met die lensies.
Meng dan laaste die olyfolie en rooiwynasyn in.

Ek gaan defnitief hierdie resep oor die naweek probeer.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat LENSIES
« Reply #3 on: October 29, 2013, 01:46:02 PM »
Hmmm!  Dit klink lekker, ek sal kom aansit.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.