• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

As ek Sing

Started by Ans Botha, October 24, 2013, 06:31:00 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

as ek sing
sing ek van U Grote Heer
van U wonderdade
U liefde vir my
hoe U aan die Kruis gesterf het
vir my onmindade

as ek sing
sing ek van U liefde vir Job
deur marteldade aan lewe vasgeketting
op ashoop deur koue nag se kou beskerm
gered teen satans aanslae

as ek sing
sing ek van U liefde vir Dawid
hom teen aanvalsmagte beskerm in grot
in sy vlug van sy beste vriend
sy teenstand teen Goliad

as ek sing
sing ek van U martelstryd
teen vriend en vyand
van 'n Kruis wat U self moes dra
van gate in U hande
U lydingstryd vir my

as ek sing
sing ek van 'n leë graf
met rolle verbande
in wanorde gestrooi
teen die hang van 'n berg

as ek sing
sing ek van U liefde vir my
U wat 'n marteldood gesterf het
om my lewe te red van die brandende hel

as ek sing
sing ek van 'n wolk
met Jesus ons Koning daarop
Sy hande seënend oor Sy volk gestrek




PM

Dis 'n pragtige herhalende gedig Ans.  Hoendervleismooi! 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dankie PM ek waardeer.