Author Topic: As ek Sing  (Read 2152 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
As ek Sing
« on: October 24, 2013, 05:31:00 PM »
as ek sing
sing ek van U Grote Heer
van U wonderdade
U liefde vir my
hoe U aan die Kruis gesterf het
vir my onmindade

as ek sing
sing ek van U liefde vir Job
deur marteldade aan lewe vasgeketting
op ashoop deur koue nag se kou beskerm
gered teen satans aanslae

as ek sing
sing ek van U liefde vir Dawid
hom teen aanvalsmagte beskerm in grot
in sy vlug van sy beste vriend
sy teenstand teen Goliad

as ek sing
sing ek van U martelstryd
teen vriend en vyand
van ‘n Kruis wat U self moes dra
van gate in U hande
U lydingstryd vir my

as ek sing
sing ek van ‘n leë graf
met rolle verbande
in wanorde gestrooi
teen die hang van ‘n berg

as ek sing
sing ek van U liefde vir my
U wat ‘n marteldood gesterf het
om my lewe te red van die brandende hel

as ek sing
sing ek van ‘n wolk
met Jesus ons Koning daarop
Sy hande seënend oor Sy volk gestrek




Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As ek Sing
« Reply #1 on: October 28, 2013, 07:13:50 AM »
Dis 'n pragtige herhalende gedig Ans.  Hoendervleismooi! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: As ek Sing
« Reply #2 on: October 28, 2013, 04:21:10 PM »
Dankie PM ek waardeer.