Author Topic: Aambeie en Jagters meng nie lekker nie  (Read 2341 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Rainier

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 47
Aambeie en Jagters meng nie lekker nie
« on: October 22, 2013, 11:40:08 AM »
Die storie was nie deur my uitgedink nie , maar deur iemand anders, nogal ‘n gewese soldaat van die weermag se Spesiale Magte. Ek het die oompie hier in die Suid-kaap gaan haal en gearresteer vir diefstal van motorvoertuig (wat later deur die klaagster terug getrek was, omdat dit bog was, en sy ons speurders net misbruik het om haar motor teug te kry in die Boland. Oppad Paarl toe het ek en die man aan die gesels geraak en die storie is een van ‘n paar wat hy my daai dag vertel het.

Aambeie en jagters
Daar was ‘n ryk boer, genaamd oom Danie, hy het baie grond besit , maar self wou hy nie jag nie, dus het hy altyd ‘n klomp manne genooi om op een van sy plase te kom jag.
Dit was egter opmerklik vir die plaaslike mense dat dieselfde mense nooit ‘n tweede keer terug gegaan het nie, en as iemand hulle sou vra waarom nie, het hulle sommer kwaad word.
Dis ook op een so ‘n jag trip dat die persoon, (noem hom sommer Ben), saam met vyf ander jong manne genooi was om te kom jag. Die oom Danie het teen betaling, natuurlik gesorg dat sy werksmanese ‘n netjiese kamp area vir die manne inrig vêr in die bosse van sy plaas, hy het ook ‘n bakkie (teen ‘n fooi) aan hulle geskikbaar gestel, ook ‘n groot yskas om drinkgoed koud te hou. Voorwaar ‘n netjiese kamp, ingerig vir ‘n koning.
Die manne was baie bëindruk met die plek, en het dit meer as ‘n Safari as ‘n jag ervaar, die eerste aand het hulle hul toerusting en ens. Weggepak of reggesit, hulself ingerig en vroeg ingekruip sodat hulle vroeg die oggend oor die randjie kan loop waar die watergat is. Dit is die plek waar hulle met hulle aankoms reeds ge“recce” het en hulle het heelwat wild daar gesien suip. Dit sou dus ‘n ideale plek wees om ‘n paar prag bokke te looi.
Vroeg oggend om ongeveer 06:00 het die oom Danie al op die radio geroep,” manne ek is gereed julle moet die bakkie bring en my kom haal, maar almal moet kom ek het ‘n paar goedjies wat ek wil gelaai hê. Wel , die manne was verbaas dat die oom ook by gaan wees, want daar was geen sprake daarvan toe alles gerëel was nie.
Hulle was egter stom verbaas toe hulle by di oom se postal kom , daar voor sy huis iop die grasperk, het ‘n groot dubbelbed getaan en die moes op, ook ‘n radio, ‘n T.V en batterye om die goed meet te speel.Alles moes saam. “Hoeveel drank het julle daar, en hoeveel kos het julle gebring?” wou die oom weet. Voor hulle die ou kon keer sê die jongste onder hulle, “genoeg vir ‘n maand, oom!”
Die oom het skelm half toe oog gelag en gesê, “mooi dan hoef ek mos niks te bring nie, Siena, bring vir jou oubaas, net ‘n blikbord, blikbeker, en mes en vurk, Aambei room en vier pakke toilet pampier, daai sagte rolle, moenie die Doughnut kussing vergeet nie gehoor!”
Stomgeslaan laai die manne daai bakkie, die jagtrip het hulle sake al klaar lelik geruk en nou smaak dit hulle die oom gaan boonop ook hulle ongenooide gas wees en al hulle voorraad met hulle deel.
Toe al die luukshede gelaai is sê die oom sonder die geringste skaamte vir die manne, “Kêrels, julle moet die om asseblief nou optel dat ek bo-op daai matras kan lê die Aambeie van my neuk weer, hulle hang al weer uit, so ek moet maar lê” die oom word gelaai , en die mane gril hulle vrek, hulle verbeeldings hardloop wild die hele plaas rond.
Teen ‘n slakkepas ry hulle toe voort, vir twee redes, eerstens omdat die  oom heelpad kla oor selfs die geringste skud van die bakkie en tweedens is die bakkie so oorlaai dat die helfte van die manne moet stap, en dis leeu wêreld daai Pappie, en die oom het dit duidelik gestel dat as hulle een van daai “katte” sou skiet. Hulle maar ‘n R 50 000 moet hoes, selfs al sou dit selfverdediging wees. Die jong manne het nie daai klas oulap nie , selfs nie al sou hulle saam ingooi nie!
So kom hulle eers laat middag net voor sononder die kamp plek in, gelukkig het die jong die vuur reeds brand gemaak en hulle gesien aankom, gereed om elkeeen ‘n stywe dop die hand in te prop. Die held van die oomblik.
Voor die manne egter ‘n welverdiende sluk kan neem, skree die oom dat hulle die glasse moet neersit, hy kan mos nie net daar gelos word nie, sal mos nat dou deur die nag. Nou is dit bont staan , want die oom kan nie nou skielik nie self afklim nie sy ou lyf  bleikbaar te seer van al die skud, hulle moet hom saggies met matras en al aflaai, die manne is gatvol en doen so , net om sy bek toe te hou, maar hulle sien hoe Jacob die jong lekker vir hulle lag en ook sy kop skud uit jammerste vir hulle. Soos een besef hulle dat hulle plan met die oom sal moet maak. So kan hulle nie aangaan nie. Die manne is vertaanbaar tam en kruip na ‘n vining Bully beef kossie in die bed, net om wakker gemaak te word deur die harde musiek van die oom se radio wat uit sy reuse tent die hele Laeveld waker blêr, hulle sien ook hoe die ou man met arrogante vrymoedigheid heen en weer loop van sy tent na hulle drank en himself heel nag skaamteloos help. Aambeie skeinbaar wonderbaarlik genees.
Die volgende oggend en die manne is vroeg reeds op, maar die kamp is deurmekaar, die oom het dit reggekry om die plek man alleen woes om te krap, hulle maak vining skoon en soek die jong, die is skoonveld, hulle gooi ‘n groot stomp op die vuur en kry koers watergat se kant toe , maar die wild is weg , met nadere ondersoek sien hulle dat die spore daarop dui dat die diere weggevlug het , en hulle maak die afleiding dat dit net die ou man se geraas van die vorige aand kan wees, want hy het ook al hulle brandhout opgebrand gedurende die nag, nog ‘n ding wat wild nie erg oor is nie, en dis vuur.
Hulle gooi ‘n recce verder, en kry koedoe spore, dis ‘n moeilike bok om te skiet omdat hy so skaam is, maar uit die spoor is dit duidelik dat die ou groot is.Hulle het nie koplampe by hulle nie en die oom is reeds so vol draad, hy sal nie dat hulle met lig in die aand skiet nie, dus sal hulle maar moet loop jag, in die dag, sonder die bakkie, of lig.
Toe hulle by die kamp kom is die oom aan die swaai, voor die vuur, net ‘n briekstreep onderbroek aan en ‘n yskoue dop in sy hand, toe hy hulle gewaar soek hy sieklik stoel. “ai, ek moes uit my pyn en lyding opstaan, die dors het my gedryf na ‘n ietsie sterker as water, genade julle het lekker baie drank vir ons saamgebring.” Seg hy. Die manne werk saam en kry ‘n beesvleis pot aan die kook, gooi elkeen ‘n beskeie dop in en raak rustig voor die vuur. Toe begin die oom die manne beurtelings opdragte uitdeel, dan dit en dan daai en hulle moet vining maak ander hoor hulle, “ plaas nou ons land se weermag is die hande van stadige manne  soos julle , ai!” en  “ dan hoor ek nogal julle is nie die gewone klas troepies nie, maar ‘n spesiale soort!” En so neuk die oom aan, die manne raak later wild beneuks, maar laat dit maar oor die rug rol.
Later toe almal lekker naffie is kruip hulle in en gaan slap, tenspyte van die oom se gesing, gesuip en radio en T.V wat die nag in blêr. Dis ongeveer so 02:45 toe die een outjie sy makkers wakker skud,”Manne ,die ou drol, snork ek het daai spoor getjek en ek skat die donner vreet soggens die tyd op daai spot, ouer spore van daai koedoe stel ook voor dat hy daai watergat se bome baie geniet, dis op die oorloop kant van die spruit, as ons gelukkig is kan ons daai bok mang, vannag!” Die wind is reg so as ons stil is gaan hy ons nie eens ruik nie, ek het ook ‘n moerse groot spotlight in die ouman se bakkie gekry, wetter wil nie hê ons moet met lampe skiet nie, maar hy doen.”
Die manne is daar weg en het hulle gelukkie gekry, sommer so in die donker word die bok geslag, maar dit kos sweet insit, daai knaap is groot. Toe die pens uit is sê die een, “ manne die binnegoed is nog lekker warm, wie is die vinnigste onder ons, die een vent, roepnaam Apie sê hy is, “Ok, Apie, vat die warm derms en loop druk dit in daai oom se slaapsak, as die ou diep slaap probeer van dit in sy onderbroek in kry, en was jou hande tog net mooi skoon daarna, ons wil jou nie die Vrek laat sien oor die ou klagat se kieme nie. Maatjie, jy sal moet gat skoon maak , voor daai goed koud word!”
Is nie lank nie en Apie is terug met die bakkie, die bok word so ver as moontlik bewerk en op die bakkie gesit, daarna ry hulle kamp toe, daar aangekom kry hulle oom Danie nog aan die snork een van hulle bottels Klipdrift is sy een hand, leeg. Die manne maak vuur op en bewerk daai bok tot hy klaar is , toe die op ys is, is nie manne in die bed.
Vroeg die volgende oggend raak hulle wakker van die ruik van heerlike koffie, dis ou Jacob die ou het ‘n reuse vrag hout gebring en maak ontbyt vir die manne. Hulle is vining op en na hulle gewas het is hulle aan die eet. Hulle merk op dat oom Danie nie by hulle aangesluit het nie. “Jacob, waar is daai baas van jou?” wil een weet.
“Heretjie tog, darie baas van my sy kop hy es nie, nie es nie, die more, hy kom uit by darie tent , sy oge hy es banja groot, eke ek skrek hom daai baas, eke ek wiet daai baas hy het hom daai Vrek gekyk, maar die baas hy soek hom nie die hulp nie, daai baas hy praat net van daai Aandbye, daai goete hy het hom uitgeklem by die nag. Nou die baas hy hardloop soos ene wat by daai bed gekak het, straight vêr binne by die bos. Ek eg hom daai baas, kan ek vir hom help, hy soek hom niks van daai nie, nou ek los daai baas, is altyd hy is lelik met die goeie mense wat hierso kom.”
Bekommerd eet die manne verder, toe hulle klaar is maak hulle eetgery skoon en drink koffie, daarna maak hulle rereed om weer veld in te gaan, Jacob wil saam , hy weet waar wild is, dis die baas van hom wat hom nooit toelaat om die wild uit te wys nie. Hulle vat Jacob saam en later kom hulle by die kamp aan, karkaste word postal toe gestuur waar dit verwerk word en verpak word vir die manne, en daar is nogsteeds nie teken van die oom Danie nie. Die manne gooi koedoe op die kole, ek kou-kou hier en daar sommer van die rooster af, elkeen ‘n dop in die hand. Hulle gesles en grap lekker met mekaar, en Jacob deel in alles.
Glasie word geklink op ‘n heerlike dag n dis toe die son skemer se kant toe staan dat die manne hulle as vaal skrik!
Daar staan hy, oom Danie, doodsbleek, sy sweet paaie oor sy stof gesig getrek, sy oë die hang dat jy pienk kan sien, sy mondhoeke na onder gekeer, soos ‘n grimeer job wat verkeerd afgeloop het. Hu Hu Hu, hyg hy, om asem in te kry voor hy kan praat, “Ja, kyk hoe lekker vrolik gaan dit hier tussen julle, nie een wonder eens wat van ‘n arme ou man soos ek geraak het nie, hier staan julle vreet en suip, wyl ek heel die hele dag om my lewe moes veg! Vanoggend skuins voor sons opkoms  , wou ek ‘n draai loop , en wat vind ek , my hele kooigoed vol van my binnegoed, my Aambeie het my die nag in die steek gelaat en sommer alles laat uitval. Van skok het ek die veld en my Heer tegemoet gegaan, maar halfpad huistoe besef ek dat ek myself moet help. Toe gaan lê ek onder ‘n bossie en druk versigtig en tydsaam elke dermpie terug in my arme lyf in!”
« Last Edit: October 22, 2013, 11:42:10 AM by Rainier »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10723
  • Gender: Female
Re: Aambeie en Jagters meng nie lekker nie
« Reply #1 on: October 22, 2013, 04:25:16 PM »
Jy het die storie baie goed weergegee, ons, ek en my man Hannes, het dit baie geniet.  Ons het dikwels gaan jag toe ons nog "kinners" was.  Dankie vir die deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Aambeie en Jagters meng nie lekker nie
« Reply #2 on: October 22, 2013, 05:15:24 PM »
Mooi vertel Rainier. Ja so kan 'n man jou lelik misgis as jy te veel dop!

Offline Rainier

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 47
Re: Aambeie en Jagters meng nie lekker nie
« Reply #3 on: October 22, 2013, 08:24:13 PM »
Dit was 'n oulike storie wat ek destyds gehoor het, ja, ek het dit net so geniet, ek wonder dikwels wat van daai soldaat geraak het, hy was 'n baie grappige maar tawwe kêrel.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Aambeie en Jagters meng nie lekker nie
« Reply #4 on: October 23, 2013, 08:27:57 AM »
 :sign10: Ek het darm nou lekker gelag vir die storie! Ek kan my net daai worsteling van die oom voorstel. hahaha

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Aambeie en Jagters meng nie lekker nie
« Reply #5 on: October 24, 2013, 02:02:45 AM »
dankie vir die lekker storie, ek wonder net of die vrou aangekla is vir die speurders se tyd mors?

Offline Rainier

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 47
Re: Aambeie en Jagters meng nie lekker nie
« Reply #6 on: October 24, 2013, 04:12:20 PM »
AB, ek het dikwels gewens mense wat ons tyd so gemors het kon aangekla geword het, maar ons was destyds so min speurders met vrek baie werk dat ons nie onself nog op slu burgers wou wreek nie. Die trip met die Soldaat was egter net 'n plesier, ons het die hele pad van Mosselbaai tot in die Paarl vir hom gelag. Destyds kon jy nie speurder wees sonder 'n groot klomp humor nie.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Aambeie en Jagters meng nie lekker nie
« Reply #7 on: October 24, 2013, 07:03:55 PM »
Lekker
elle