Author Topic: Sonop  (Read 1939 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Sonop
« on: October 17, 2013, 07:15:05 PM »
oor groen golwende berge
steek jy jou geel oranje kop uit
vroeg oggend bring jy lewe
vir almal wat jou gade slaan

met jou helder geel oranje skynsel
maak jy kiewiet, Hadida en krombek wakker
wek jy wildsbokke, dassies, vee en mens
stuur jy vir uil terug na sy nes

saam met jou verskyning
vee jy koue voor jou weg
bring jy van jou hitte
om mens en dier te verhit

nooi jy almal om ‘n nuwe dag te aanskou
smeek jy ons om in jou kleureparadys
van geel en oranje
jou koninklike sonop te bewonder








Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sonop
« Reply #1 on: October 18, 2013, 06:35:48 AM »
Mooi geskryf Ans.  Die spreekwoord lui mos die oggendstond het goud in die mond.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Sonop
« Reply #2 on: October 18, 2013, 10:53:52 PM »
Dankie PM