• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Afrikaans om ons saam te snoer!

Started by quizagunter, March 31, 2011, 10:58:47 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

quizagunter

Nog 'n weiveld waarin ons ons knuppeldik kan versadig aan die wyshede en gedagtes van ander.  Graag wil ek GOD se seën toebid op hierdie forum sodat dit 'n vereniging en bond word waarop ons trots kan wees en bly.  Soveel blabsye/blaaie/webtuistes word gestig om iets moois voort te bring en dan kom daar ongewenste elemente en verjaag die wat dit as rein en edel beskou.  Ek hoop daar sal sensorskap van 'n hoë gehalte wees en dat die blad nie nog 'n bespotting vir die liefhebbers van Afrikaans word nie.  Sterkte met 'n baie moeilike taak!!

Bestuur

Baie dankie vir die mooi wense Quiza,  ons sal ons bes doen om 'n forum daar te stel wat spreek van goeie smaak en harmonie.  Met almal se samewerking glo ons dat dit moontlik is. 

Naas

Sela! Mag ons in liefde en trots rondom ons taal vergader.





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Julle maak my so opgewonde.  Nog 'n weiveld waarin ons ons knuppeldik kan versadig aan die wyshede en gedagtes van ander.  Quiza,  jy het dit uitstekend gestel.

Mag ons in liefde en trots rondom ons taal vergader.  Naas,  "met liefde en trots" klink vir my na "wondergom".  Dit moet net werk.   :love10:




Om te weet is om te verstaan.

bloubefoeterd

Afrikaans, taal van die verdrukker, taal van die bevryder. Taal van die bevryde. My taal. Soet op my tong. Sag op my oor. Taal wat my sus en my roer en my siel bly bekoor. My moeder se taal, my vader se taal, taal van my dink en my slaap my gister en more, taal van my mense my taalgennote

PM

Liewe land,  jy maak my skoon begeesterd Blouetjie.  Ek neem die vaandel op en marseer saam met jou deur die strate. 

Viva Afrikaans!

Dit is werklik my grootste begeerte.  Om Afrikaans uit te dra in al sy glorie.  Ons het werklik 'n pragtige taal,  maar die mooiste vir my is,  die pragtige mense wat ons taal op die hart dra. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Oppas vir deur die strate marseer. Die polieste gooi skerp klippe!



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Nee,  ons sal nie raas en vure maak nie.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Mis ek nou vir ou Blouetjie.  Wens ek kon 'n werklike reunie hou met almal wat hier saam gekuier het.  Manne en meisies, ek mis julle! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Grote glorie, kom ek vandag eers hierop af. Duisende dankies PM dat jy vandag hierdie deur in 2021 weer oopgemaak het,  tien jaar later skyn die liefdesliggie vir Afrikaans tot binne in ons pandok vanoggend.  :hello2: :love7: :book1:

PM

Dit was toe ons net begin het.  Ek was nog "bestuur".  Ha-ha.  Waar is ou Quiza tog in die wêreld. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hy is doenig op "God se Plot" soos hy dit noem en loer gereeld in ter ondersteuning by die gevreetboekie. Nog presies dieselfde dierbare mens!

PM

Ja, ou liewe quiza. 'n Ware kind van die Here.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.