Author Topic: buite ligbries ’n lentewind  (Read 2813 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
buite ligbries ’n lentewind
« on: October 06, 2013, 01:53:35 PM »
buite ligbries ’n lentewind
dartelend oor perskebloeisels
om lewegewend stuifmeel
met elk ander te verbind,
dans rondom irisse
en narcissus-skoonhede
soos jou hande om my wange
en vingers gevou het
jou streling oor my hare
voel steeds asof in nou …

oor hout van waarde
het jou vingers gegly
want elke grein het jy
as wonder-geskape beskou
maar oor note wit en swart
het jy liries kon raak
asof steeds uit ivoor
beplan en gevorm was,
net soos ek in verwondering
kon luister en nou verlang
na jou spel soos geen ander
jou eie daarin gevou
dartelend strelend
liefdevol in harmonie
het jy elke komposisie
lewend-asem gegee

in my hart het jy
nes kom maak
en vreugde en vrede
daarin weggebêre
sodat elke lied wat jy
met intensiteit in jou oë
opgedra het aan my
’n plek daarin kon kry,
nooit sal ek vergeet
die glinster in jou kyk
hoe jy met jou lippe sag
heel my hart met jou musiek
se suiwer note gebou het.


 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: buite ligbries ’n lentewind
« Reply #1 on: October 07, 2013, 12:53:09 PM »
So 'n mooi ode.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: buite ligbries ’n lentewind
« Reply #2 on: October 09, 2013, 05:20:31 PM »
dankie Fransi ...  :love7: 

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: buite ligbries ’n lentewind
« Reply #3 on: October 09, 2013, 06:01:23 PM »
Dis sooo mooi.   
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: buite ligbries ’n lentewind
« Reply #4 on: October 09, 2013, 07:07:16 PM »
drukkie vir julle elkeen. 

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: buite ligbries ’n lentewind
« Reply #5 on: October 10, 2013, 07:42:34 AM »
Pragtig geskryf Adéle.  Die gawe van herinnering!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.