Ek probeer maar rustig deur my hedendaagse lewe trippel.
Daar is tog nie iets wat jyself aan die waai van die wind kan doen. Of of die son skyn of sneeu val. Of miskien of die Dominee 'n teks het waaroor hy vandag vir jou 'n boodskap wil bring en jy iets anders nodig het...
Maar wat my na Murphy laat kap, is dat hy die jambotteltjie se dekseltjie so styf toedraai dat dit onmoontlik is om dit oop te kry. Nie almal van ons is 'n gewigopteller (kan hulle jambottels oopdraai, of kan hulle net ampules se koppies afbreek?) nie. Ek meen, die ding sit so vas soos die spreekwoordelike dikgevrete muis in 'n kalbas. Ek het al gehoor van die ding onderstebo in warm water te sit vir 'n rukkie, maar Eskom sal my oor die vingers tik omdat ek dit durf waag om steenkool te mors op die oopmaak van 'n jambottel. So, ek ruk 'n laai oop, ruk 'n skerp mes uit en diepplant 'n lem met een hou in die deksel. En siedaar, jam. Ek ys as ek daardie 'diepplant' in my hand gaan maak. Agterna sit jy met 'n glasbotteltjie en gewonde dekseltjie... net reg vir weggooi. Ek moet nog leer om jambotteltjies te gebruik om blommeranskikkings in te doen.
Dan is daar een ding waaroor ek Murphy wil wurg. Die man (Murphy is 'n man, of hoe?
) laat mos altyd die foon lui net sodra jou pantie/onderbroek op jou enkels hang en jy 'n volblaas leeg maak en daar niemand anders is wat die %#*&@ foon kan antwoord. Hoe weet die %*&#@ dit? Sit hy en loer vir jou heeldag? Toets hy jou?
Die ou
lag in sy mou
vir jou...
En die ergste is dat jy nie die dokument kan kry wat jy so sorgvuldig weggesit het om nie te verloor vir wanneer jy dit nodig het nie. Soos die verskillende dokumente en slippie'tjies en kwitansies en dies meer wat jy nodig het om jou TAX te doen....
En daars nog vele meer plekkies en waar Mr M my geduld uit my my wurg.