Author Topic: Swangerskap onder Gr 3 dogters....  (Read 6977 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Swangerskap onder Gr 3 dogters....
« on: October 03, 2013, 06:22:47 AM »
Hoor ek nou oor die radio:
'...skokkende feit van swangerskap onder Gr 3 leerders...'
Gr 3 leerders, of dogtertjies, is swanger.  Hoe oud is hierdie Gr 3 / Std 1 dogters dan?
Kan 'n dogter swanger raak voor puberteit bereik is?
Laat my nou dink aan die 8jr oue dogtertjie wat in 'n huwelik gedwing is met 'n 34jarige man. Natuurlik meer na die Ooste wat hierdie horribale dinge gebeur.
Die dogtertjie is so verskeur op haar huweliksnag en is dood van inwendige bloeding.    HUWELIKSNAG?????.  NEE, SY IS VERKRAG!!
En daar word altyd vinger gewys na die vrou as die een wat verkragting en seks uitlok.
Ek walg.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Swangerskap onder Gr 3 dogters....
« Reply #1 on: October 03, 2013, 08:25:17 AM »
Graad 3 9 tot 10 jaar oud - moontlik onder sekere kulture. in Malawi bv. is die sterftesyfer so hoog dat kinders van 13 tot 14 jaar al self twee of drie kinders gehad het waarvan een uit elke twintig oorleef a.g.v. vigs, malaria ens. Wanneer dogter se siklus begin trou sy feitlik onmiddelik.
 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Swangerskap onder Gr 3 dogters....
« Reply #2 on: October 03, 2013, 11:49:00 AM »
ek weet nou nie van standard een kinders nie maar hier by ons kliniek het ons bediende vertel staan soms meisiekinders van 12 en 13 met bope magies en dis nei van honger nie maar van swanger ( kon iets anders geseg het waarvan)
die rede dat hulle dit doen is meestal om allpay of soos dit hier bekend staan, kinderpay te kry.
nou het hulle uitgevind dat as jy 'n gestremde kind het kry jy meer geld as vir normale kind. nou is daar baie mammas to be wat suip terwyl hulle verwag sodat die kind gestremd kan wees om meer geld te kry.

dat politiek nou so gemors in ons land veroorsaak.....

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Swangerskap onder Gr 3 dogters....
« Reply #3 on: October 06, 2013, 09:58:47 AM »
Dit is walglik en skokkend, maar dit is hoe dit is.  Ongeletterd en onkundig en ek dink nie dit sal gou verander nie, dalk net vererger.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Swangerskap onder Gr 3 dogters....
« Reply #4 on: October 06, 2013, 11:31:24 AM »
ek dink ook dit gaan net vererger
en wat gaan gebeur as die regering nie maar kan betaal nie, waneer 55 miljoen all pay wil kry en 2 miljoen betaal belasting?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Swangerskap onder Gr 3 dogters....
« Reply #5 on: October 08, 2013, 03:36:36 PM »
Die twee miljoen wat belasting betaal is besig om vinnig minder te word.  Meer en meer mense met kundigheid is besig om die land te verlaat. Dit is so hartseer, maar hulle het geen ander uitweg nie.  Te veel vet katte wat niks weet nie is besig om ons kleinkinders se kanse op oorlewing te ondergrawe. 

Almal van ons laat 'n "nalatingskap" agter.  Baie van ons vet katte sal net korrupsie, diefstal en bedrog "nalaat".  Laat die geskiedenisboeke geskryf word!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Swangerskap onder Gr 3 dogters....
« Reply #6 on: October 08, 2013, 03:56:25 PM »
op die oomblik is ons sowat 5,5 miljoen wat belasting betala maar ek dink dit raak minder oor tyd, ek is nei seker nei sal vir Jannie kan vra.