Author Topic: Lente bring Liefde  (Read 2530 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Lente bring Liefde
« on: September 30, 2013, 09:23:03 PM »
buite bot elke boompie
blomme vou oop in alle prag
vrugte bloeisels begin ontvou
voëltjies bye en vlinders versamel nektar

heerlike geure van roos en perske vermeng
in vars windjie kom geure na vore
grasperke begin groen tappyte vorm
groen boomtoppe staan regop in oggendson

voëlgesang deurdring elke tuin
krieke verwelkom lente met vreug
in plaasdam sing padda’s hul awendkoor
onder koedoe se geblaf

donderweer vorm donker wolke
blitse deurklief die hemelruim
eerste druppels plas hard ongenaakbaar neer
eens droë stofbelaaide grond word benat

styf in mekaar se arms genestel
met hernude harte wat bons
op jeugdige ouderdom
bring lente liefde in hul lewens


Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Lente bring Liefde
« Reply #1 on: October 01, 2013, 09:32:25 AM »
Mooi geskryf.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lente bring Liefde
« Reply #2 on: October 06, 2013, 07:37:34 AM »
Baie mooi, lente is mos die "nuwe lewe" seisoen.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Lente bring Liefde
« Reply #3 on: October 06, 2013, 08:30:37 AM »
Baie mooi.
 :angel8: Ek huppel darem ook al amper na my winter :sleepy1:
elle

Offline Rainier

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 47
Re: Lente bring Liefde
« Reply #4 on: October 16, 2013, 09:54:45 PM »
Pragtige gedig! Hier in die Boland mis ons ons lente, ons is egter dankbaar vir die koel weer wat ons nou-nog het.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Lente bring Liefde
« Reply #5 on: October 17, 2013, 03:06:13 PM »
Die jaar het ons in die Noordwes die lente oorgespring. Klaar somer met 'n Bang!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lente bring Liefde
« Reply #6 on: October 17, 2013, 04:16:53 PM »
Ons ry more Limpopo toe vir 'n vinnige inspeksie.  Ek hoor dit is daar net so warm, die kraaie slaap al. 
Om te weet is om te verstaan.