Author Topic: Die einde van die reënboog  (Read 1745 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Die einde van die reënboog
« on: September 29, 2013, 08:48:59 PM »
in al die kleure van die reënboog
was ons lewens vol vreug en pyn
elke dag het sy eie skat gebring

saam het ons in hierdie reënboog geleef
gelag, gespeel, mekaar se trane afgevee
tot aan die einde van die dag

more het ons weer in die reënboog
se kleure gedans, gesing en romtomtalie
saam met die kinders geslaan

gister se reënboog het ons langs
‘n oop graffie laat staan
met harseer en pyn die toekoms in laat gaan

vandag staan ons aan die einde van die reënboog
geen pot vol skatte meer vir ons
net ons, elkeen vir homself

© ANS BOTHA


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die einde van die reënboog
« Reply #1 on: September 30, 2013, 04:39:06 AM »
Heerlik om weer iets uit jou pen te lees Ans.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.