Author Topic: Matriek-Reunies....  (Read 7384 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Matriek-Reunies....
« on: September 28, 2013, 09:08:51 AM »
Het julle al matriek-reunies gehad?
Jitte, my matriek maters is al so oud, wonder of hulle nog onthou hulle was in die skool.
Doer terug in die baie vroeg '70's was ek een van die 12. 
Ek onthou nog sommige name, maar sommige is ek verbaas oor as ek verneem hulle was saam met my in die klas. 
Ek dink hulle jok, want ek kan hulle dan gladnie onthou nie. Heheheeeeeeee...  :icon_biggrin:
Ons het reunie gehou doer terug in '91.  Almal wat al ooit in daardie skool-(tjie) was, was genooi. 
Die hele skool het omtrent 100 leerlinge gehad, vanaf Sub A tot Matriek.
Ek kon 90% van die klomp wat by die reunie was, nie onthou nie.  Nou sal ek nie eens 1% kan onthou nie.   :icon_scratch:
Daardie reunie het 'n hele naweek geduur.  Daar was hordes mense, oues en nie sulke oues. Daar is skape en varke gebraai en ons het weer in die koshuis se eetsaal bymekaar gekom.  Net Mnr Mol het nie die tafelgebed gedoen nie...
Die koshuis, met kombuis en al, word nog steeds oor vakansie-tye gebruik deur vakansiegangers wat Plett toe opruk (:o), want dis net so 15km buite Plett. 
Wonderlike plekkie, Wittedrift. 
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Matriek-Reunies....
« Reply #1 on: September 29, 2013, 10:03:22 AM »
Ons hou elke vyf jaar reunie (nie verpligtend), maar elke tien jaar is dit 'n moet. Dan gaan kyk ons die grootste interskole wedstryd in die land. Die reunie begin Vrydagaand saam met alle oudleerlinge. Dis een moerse storie in 'n markiestent en daarrondom. Saterdagoggend ontbyt saam met jou eie jaar se mense, (ons was ver oor die honderd leerlinge in matriek 1976. Dan die rugby en daarna 'n dinee/dans waar die gades ook by is. Die manne (seuns skool) kom van oorsee af terug vir die reunie. Ongelukkig is daar elke jaar 'n paar ekstra gate van manne wat nie meer saam met ons loop nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Matriek-Reunies....
« Reply #2 on: September 29, 2013, 04:08:44 PM »
Goeiste, hierdie jaar sou my 45 jaar matriekreunie wees.  Gan wonder ek het al vergeet ek het matriek geskryf en kry snags nog nagmerries omdat ek glo ek nie goed genoeg voorberei het vir die eksamen nie.   :icon_scratch:

Dan sal ek beslis ook nie eers een van my medeleerlinge erken nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Matriek-Reunies....
« Reply #3 on: September 29, 2013, 05:12:43 PM »
PM, ek het tot so 5jr gelede nog nagmerries gekry oor skoolgaan.
Ek kan om die dood nie die trappe opklim na my klas nie.  Dit verskriklik steil.  Gewoonlik moes ek my met die reling ophys.
En my skoolromp was altyd weg, sodat ek half kaal skooltoe gaan.
En toe ek dit agterna oordink, was dit omdat ek so jonk skooltoe is.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Matriek-Reunies....
« Reply #4 on: September 29, 2013, 08:16:28 PM »
Ja werklik, ek was ook 5 jaar toe ek skool toe is.  Ek dink daai jare was dit maar algemeen.  Ek onthou hoe ek nagmerries gekry het oor allerhande dinge.  Ek kry nou nog nagmerries omdat ek kaal, of kaalvoet deur 'n sentrum gaan en dit is werklik 'n ernstige saak.  Die sielkundiges kan vir ons talle uitlegte bied, maar om by jou eie waarheid uit te kom is nogal 'n uitdaging. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Matriek-Reunies....
« Reply #5 on: September 30, 2013, 07:30:45 AM »
Ons het al een gehad, maar ek het dit nie bygewoon nie. Oor so sewe jaar as iemand dalk weer besluit om een vir ons te hou, sal ek dit dalk oorweeg om te gaan koekeloer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Matriek-Reunies....
« Reply #6 on: October 08, 2013, 03:30:58 PM »
Doen dit gerus!  Daar sal 'n paar verrassings wees.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.