Author Topic: U teks  (Read 3344 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
U teks
« on: September 26, 2013, 07:55:21 PM »
Heer, vanoggend gebed ek
in gehoorsaamheid
met U Woord neffens my,
sommer woorde wat
val, ’n plekkie soek
om op ’n ster se oogknip
te weerkaats na U hart.

Buite word ’n haan se kraai
getemper deur
die dag wat breek,
hoor ek kalwers roep
mossies tjirp
vlug die kransduiwe
voor my kat se sagte voeteval …
maar wanneer U Boek
oop rus op my hand,
U vinger my lei
na die teks wat U
vir my voorberei,
sug die oggend tevrede.


 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: U teks
« Reply #1 on: September 27, 2013, 08:59:31 AM »
Baie mooi geskryf.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: U teks
« Reply #2 on: September 27, 2013, 09:06:49 AM »
Baie mooi geskryf matertjie.  Ek lief die foto daarby.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: U teks
« Reply #3 on: September 28, 2013, 08:16:59 AM »
Uiters, uiters pragtig.
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: U teks
« Reply #4 on: September 28, 2013, 12:24:50 PM »
dankie julle   :love7: 

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: U teks
« Reply #5 on: September 29, 2013, 04:11:58 PM »
Ons het die voorreg gehad om vanoggend vir Adéle 'n drukkie te gaan gee.   :hello2:  :love7:
Jy lyk pragtig soos altyd matertjie.  Daar is so baie dinge waaroor ek nog wou klets, maar hoop ons kry volgende keer meer tyd. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: U teks
« Reply #6 on: September 30, 2013, 05:50:30 AM »
baie baaaie dankie vir julle afdraai hiernatoe!   :love7: 
ons gaan beslis volgende keer eers KUIER ... lief julle.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: U teks
« Reply #7 on: September 30, 2013, 06:24:46 AM »
Ons sal ons bes probeer matertjie. 

Ek kerm altyd as alles nie volgens  plan verloop nie, maar daar is altyd 'n ander plan wat beter werk.  Vandag sien ek ook my vriendin wat hier kuier van NZ en as dit nie was dat ons planne verander het nie sou ek haar nie gesien het nie, want sy vlieg die derde weer terug. 

Ons sal maar sien hoe werk "die plan".   :love7:
Om te weet is om te verstaan.