• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Hond genaamd Stompie?

Started by PM, September 11, 2013, 10:32:18 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek het hierdie hond ontmoet in Colesberg by Safari Park, waar ons een nag (dankie tog vir net een nag) oorgeslaap het oppad na Beaufort Wes.  Hy het my so baie aan Elsabé se Stomp laat dink dat ek gewonder het of dit nie die ware Jacob is nie en hy het sommer dadelik "Stompie" geheet. 

Lyk hy darem effens bekend Els? 

Stompie het saam met die ontvangsdame gekom (die een met die baba op die rug) en daar het Stomp gebly.  Hy het met die oopgaan van die deur onder my bed gaan lê, so asof hy wou wys dat hierdie "plaas" eintlik aan hom en sy baas (wat lyk my nooit daar is nie) behoort. 

Stompie het ons die hele aand vermaak. 

Om te weet is om te verstaan.

PM

Eers gaan haal Stompie vir hom 'n klip.  Dan plaas hy dit mooi tussen sy voete. 

Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek het nou net hierdie een foto, maar gewoonlik spring hy dan met altwee pote op die klip en skaats tot voor jou voete.  Nou los hy die klip daar en
gaan lê weer voor die deur en wag dat jy die klip vir hom moet gooi. 
So speel hy tot jy besluit het dit is nou genoeg, dan lê hy voor die deur en blaf en tjank totdat jy weer wil saam speel. 

Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Angelica

Giggel ek nou.... 
Nee, beslis nie my Stomp-hond nie.  Stomp was stomp.  Hierdie outjie het 'n semi.
My, let wel, Stomp was so 'n groot, lomp, bruin gebroedsel wat bo-oor die ou hout toonbank van die bank kon hallo se vir sy ma.
elle

PM

Ja-nee, jou Stomp was enig in sy soort.   :icon_biggrin:

Stompie het ook 'n maatjie gehad, maar by nadere ondersoek het ons vasgestel dat die maatjie eintlik Stompie se lyfwag was.  Wag laat ek gaan soek na daardie foto. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Sien wat ek sê?  Dit is 'n man met 'n gun!

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Oooo, flip, ek lag so, ek sal nou weer my mascara moet optouch.
Ai, PM, ek  :love7: u.
elle

PM

Hannes het die lyfwag toe sommer Spyker gedoop, want hy het gedink dit is baie van pas.   :icon_biggrin:

Spyker het darem nog ander pligte ook gehad.  Net agter ons kamer (wat perongeluk die naam van "chalet" gedra het,) was daar 'n bok in 'n hok.  (Kamp rym nie met bok nie.  :icon_biggrin: )

Bok het sy bes probeer om van die boom se blare in die hande te kry en toe het Hannes maar handjie bygesit.  Spyker het histeries geblaf elke keer as ons naby die kampie gekom het, maar gelukkig was daar niemand wat hulle aan Spyker gesteur het nie. 



Om te weet is om te verstaan.

Fransi


PM

Dit was pret en ons geniet dit nog steeds.  Kyk maar na die onderwerp "Spykerkaskenades"   :icon_biggrin:

Ons het so pas van die dorp af teruggekom toe ons die gekreun en gesteun hoor en die kamera gryp. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek ontdek hierdie nou eers! Lekker gelees. Laat my dink aan die volgende donker humor: Hoekom kan 'n asbakkie nie loop nie? Dit het net stompies  :toothy4:

PM

Ek het nou nog daardie klip wat ek by Stompie "afgeneem" het.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.