• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gedig oor Radio uitgesaai

Started by Ans Botha, September 03, 2013, 07:29:18 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

Ek het so 'n klein gelukkie raakgeskryf. My gedig "Vier Seisoene" is uitgesaai oor Radio Namakwaland na hulle 'n onderhoud met my oor die radio gevoer het. Ek moet erken, 'n mens se gedig klink so mooi as iemand anders voordra. Die omroeper was fantasties. En ek was natuurlik die senuwees vanself! Maar ek het oorleef.

Fransi

Baie geluk! Ek is werklik saam met jou bly. :-)

PM

Baie geluk Ansie, dit is 'n groot prestasie.  Ek glo 'n mens se broekie sal bewe.
Ek hoop jy verkoop 'n boek aan hom.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha


Angelica

Dit is fantasties!!  Baie geluk.
elle

Ans Botha

Baie dankie julle almal ek waardeer dit.

AB

baie geluk, mag daar nog kom.

Nou wonder ek of dit in jou geval ook is dat ander ( joernalis) iets in die gedig sien wat jy nei eers bedoel het en van geweet het nie?
Gisteraand het joernalis van RSG met Annelie Botes gesels oor haar boek: Wit op Swart. Ek het di eboek gelees. Heel aan die begin seg sy sy skryf sommer dinge wat in haar gedagtes opkom en nie in volgorde nie en ek het dit so verstaan. Syt sommer geskryf om haar kop skoon te maak na die debakel van paar jaar gelede.

Toe vra die joernalis haar wat is die storie lyn, en sy seg daar is geen storielyn soos ek aan die begin geskryf het. DIe joernalis het seke rnog 1 of 2 keer op die storie lyn gehamer maar sy seg net daar is geen storie lyn nie.

Nou wonder ek ( sonder om vinger te wys na enigeen wat dlak deel is van so groep) hoe sinvol is voorgeskrewe boeke wat ons op skool moes bespreek en ook hoe sinvol is lees groepe waar mense bymekaar kom en 'n boek bespreek. Kom hulle (voorgeskrewe klas of onnie of wat ook al of leesgroep) nie dan by antwoorde uit wat die skrywer glad nie in gedagte gehad het nie.
Sy wat Annelie is het ook gesê syt al van haar boekbesprekings op die radio gehoor en dan vertel die mense van goed wat hulle optel in di eboek ( storielyn of wat ook al) waarvan sy wat die boek geskryf het, nie eers weet nie.

Jammer ek klink so negatief maar ek wonder.


PM

Die boepens omies met die dik brille en kaal koppe sê dat jou werk geslaag het wanneer lesers 'n skryfstuk anders sien as wat jy dit bedoel het.  Dit beteken dat die leser hom/haar in jou werk inleef en daarmee assosieer.  Ek vra graag vir die skrywer om vir my 'n uitleg van die skryfwerk te gee, want ek wil graag weet wat die skrywer bedoel. 
Die titel van die werk is dikwels 'n groot aanduiding van waaroor die inhoud gaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

PM kan hier vir julle ook vertel van my gedig Tolbossie. Ek het dit op 'n ander forum geplaas in die werkswinkel. In Tolbossie is ek eintlik die tolbossie, en die persoon wat aan die gedig moes timmer, maak toe van my 'n regte tolbossie. PM het aan my gese ek moenie veel verander aan die gedig nie, en die gedig verskyn amper net soos ek hom geskryf het in ons boek. Ek het werklik baie min verander aan die gedig. so hier en daar 'n woordjie uitgehaal en 'n woordjie ingelas.
Ja mense sien partymaal heel iets anders raak as wat ons as skrywers bedoel. Wat net vir my in my geval snaaks was, hoe kon 'n beter skrywer as ek dit miskyk dat ek eintlik die tolbossie is en dat ek nie oor 'n tolbossie geskryf het nie.

AB

Dankie PM nou verstaan ek ook so effens

Ek hoop die wat na my fotos kyk dit ook anders sien as wat ek afgeneem het..hehehe

PM

AB, jy sit 'n groot glimlag op my bakkies.  Ek dink nie ons kan juis 'n foto "misverstaan" nie, maar dit is nie onmoontlik nie.   :icon_biggrin:

Ans, Tolbossie se titel moes dadelik die inhoud van die gedig verduidelik het.  Hier is die weergawe wat in die boek is.  Pragtig geskryf.

Moeg

Tolbos, tollend in die wind,
skop stof op waar jy kom.
Vlug van eensaamheid,
na rus en vrede.
Tol vas teen heinings,
ruk verwoed heen en weer,
beurend teen die draad,
wiegend in die wind,
weg van pyn en verraad.
Hoe hard beur, ruk en pluk jy,
jou takkies knak en breek
vallend in die stof,
vertrap tot flentertjies seer.
Skielike stilte,
geen wind wat meer woed nie,
veflenterd, eensaam en alleen.
Oorval deur koue,
reën, sneeu en wind,
het tolbossie ingegee,
verraai deur liefde,
het jy gaan lê.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Mooi geskryf.  :hello2:

Ek was gewoonlik die muisie in die klas, tjoepstil, behalwe in Afrikaans as ons prosa of poësie behandel. Ek kon nie verstaan hoekom ons beperk word tot sekere uitleggings nie. Miskien met merk ja, maar met besprekings is dit dalk meer sinvol om wel jou eie uitleg ook te kan gee? Hoe die woorde in jou eie binneste vibreer.

PM

Jou liefde vir die taal vibreer duidelik Fransi.   :love7:  Ek geniet jou skryfwerk terdee. 

Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Ans Botha

Maar as jy dit dan so verstaan het PM hoekom nie die ander ook nie? Onthou jy hoe het sy dit verander na 'n vrolike tipe gedig? As dit nie vir jou was nie het ek dalk dit so verander!!