• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n kruppel lewe

Started by adele, June 08, 2011, 12:06:14 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

soveel jare se alleen
het oor dekades heen
onooglike eelte
in my siel se teelaarde
geplant, gesaai

oseane vol trane is geween
oor dorre klip en steen
waar dikvoet en koesnaatjie
sonder murmel blom
na enkel druppels reen

duisend tye kruppelalleen
het jy in marteldae omgeskep,
elke een rondomgeskil
gekerf tot ragfyn skyfies
met sap so bittersuur gevul

maar suring en tjienkerintjee
steek lewensvreugde aan
tot elke aar
tintel en kartel
en moedverlore kruike
weer sonligvreugde skep

:grommit:

adéle  :grommit:

Naas

Altyd maar die reenbogie aan die einde.

Praggedig vriendin



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Wow!  Dit spreek boekdele Adéle!   :icon_salut:  Pragtig sowaar,  ek stem saam. 

Ek sê weereens,  al hierdie mooi gedigte van julle hoort in 'n bundel. 
Om te weet is om te verstaan.