• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vandag kry ek ons boeke

Started by PM, August 30, 2013, 09:06:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hou hierdie spasie dop!  Vandag kry ek ons boeke.  Sodra dit hier is sal ek kom verslag doen.  Ouens, hou duime vas!   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

PM

  :smileinbox:  Ek weet nie wat om te sê nie.   :hello2:  Die boeke is pragtig.  Uit my hart wens ek dat elkeen wat deel gehad het aan die boek net hier langs my kon staan sodat ons saam daardeur kon blaai en sjampanje drink.   :occasion14:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oeeeeee sneppies sneppies groot sebliefie!! En BAIE geluk. Al jou ure der ure deur die maande het vrugte afgewerp PM  :notworthy: :hello2: :icon_salut: Kan nie wag om myne te ontvang nie. Gaan solank hawer bymekaar maak vir die poskoets se perdjies  :icon_biggrin:

PM

Die sneppies sal kom Raaitjie, maar die ware jakob lê in die vashou!    Ek is baie tevrede.   :love7:

Ek moet nou eers die forumdans doen!   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek versoek dat julle asseblief vir my na   pm@afrikaanseforum.co.za  'n briefie sal gooi met julle adresse en hoeveel boeke julle wil hê.
Ek vra maar weer want ek wil nie die boeke na die verkeerde adresse toe stuur nie.  Die ouens wie se boeke gekoerier moet word moet asseblief vir my 'n straatadres gee en 'n selfoonnommer waar jy gekontak kan word.  

Ansie, die koerier sal by jou 'n draai maak by jou werk.  Gee asseblief die besonderhede en 'n telefoonnommer.
Die koerier maak 'n draai by Elle en Willa, ek het weer julle besonderhede nodig asseblief.
Gawie, kan jy ook die nodige besonderhede weer vir my stuur asseblief.

Baie dankie julle, ek is so bly ons is so ver!  Ek lief julle.  


Om te weet is om te verstaan.

Terry

Baie geluk met Boek 2 PM.  Wens ook ons kon daar langs jou staan en saam vier.  Kannie wag om die finale boek in my hande te kan vashou nie. :hello2:

PM

More kry jy jou boek jou "lucky fish".   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


PM

Dankie Fransi.  Sodra ek jou besonderhede ontvang stuur ek jou boeke.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

OMW...!!!!  Heeeeehaaaaahoeraaa!
Ek wil ook dans....    :bootyshake:
elle

PM

Ek het mooi deur die boeke gegaan en almal is baie mooi. Ek sal dit deur die loop van die naweek teken en Maandag versend.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Ans Botha


Terry

Baie dankie vir die persoonlike aflewering van ons boek PM.  Ek het jou nog nooit mooier gesien as toe jy na my aangestap kom met die boek in jou hand en trots op jou gesig nie.  Ons gaan ons Volmaan Vonkelwyn & Vers vir ewig koester.

PM

Dit was 'n voorreg Terry.  Ek wens ek kon elke skrywer se boeke persoonlik aflewer.  Dit sou die kersie op die koek wees. 

Nou moet jy asseblief kom sê wat dink jy van die boek.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.