Author Topic: 2013 toer oppad huistoe 6  (Read 4647 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer oppad huistoe 6
« on: August 25, 2013, 08:05:10 PM »
Vroeg Woensdag oggend by Duwisib opgestaan, koffie en beskuit genuttig, in en opgepak en pad gevat. Sien donkiekar spore op die pad en ek vertel toe die ander 2 manne  dat ons gisteraand by die donkiekar verby is en ek wil hom darem afneem as ons hom langs pad kry, want dit is 'n spesiale donkiekar daai. Die wind is baie stiller en gelukkig nie strek nie. Was koud laasnag. Dis 17 km na die afdraai na Helmeringhausen. So kom die afdraaipad nader en ek sien hom nie. Die pad is baie stil soos gister en ek sien stof doer ver voor in die pad. Seg ek nogal daar kom die eerste kar van die dag aan, die stof trek doer, of is dit die donkiekar? Kom by die afdraai en sien so on die verte dis g'n mouterkar nie dis die donkiekar wat so stof uitry.
Net daar draai ek nie af nie maar ry eers die donkiekar in. Stop langs hulle en Willem trek die 3 donkies in om te stop. Ek vra of ek hulle mag afneem, hy sê ja maar dan moet ek vir hulle asb iets gee om te eet. Al wat naby was is die lekkerste Hanepoot rosyntjies en hy sê dis reg so. Paar fotos vir 1 kg rosyne klink reg vir my ook.

Hier is Willem, Miriam en hulle 3 donkies. hy is bae trots op sy donkies. Ek kan net 1 se naam onthou, Rooikat. sal seker later by Piet hoor of hy kan onthou wat die ander 2 se naam is. Willem sê hulle kry lekke rkoud na die nag se slaap langs die pad, hulle mik nou vir Maltahohe. Dis so 60 km verder en hy dink hulle sal môre aad daar wees. Hy doen maar so los werkies op die plase. Is nou hulle 2 de dag oppad.



Willem sê sy donkiekar met die sleepwa is baie bekend in die omgewing. Hy praat met ons baie goeie Afrikaans en met Miriam praat hy Nama. Die hond wat by hulle voete gelê het het nie eers sy kop opgetel nie, seker te koud gekry.



So pak ons die pad aan Helmeringhausen toe.






so ent gery toe seg ek weer vir Piet: "nothng happens by accident."Vra hy hoekom ek dit dan weer herhaal want hier is mos nou niks fout nie.

Sê ek ja maar nou het ek die antwoord oor gisteraand se pyp wat gelek het en ons opgehou het dat ons nie deurgedruk het Bethanie 180 km verder nie. Hier het nou al 6 keer koedoes voor ons oor die pad gehardloop, amper in een vas gery en as ons gisterand in die donker hier gery het sou ons wraggies in 'n koedoe vasgery het. Ons Hemelse Vader het al lankal geweet wat my plan sou wees om in die donker te ry en toe briek Hy ons net daar op die regte plek dat ons besluit om by Duwisib oor te slaap.

Ek was nog nooit tevore op Helmeringhausen nie en die naam klink groot. Paar mense het geseg dis klein, toe sien ons ja dis nog kleiner.

Van hier waar die foto geneem is begin die dorp tot daar waa rjy kan sien, 270 meter lank en 170 meter breed.



Winkel, bottelstoor en petrol links.....



opelugmuseum regs soos jy die dorp inkom



Dan die hotel en teetuin en dan is die dorp verby



teetuin se ingang





en nou is die dorp verby en dis teerpad tot by die Keetmanshoop - Ludirtz pad.





Piet bestuur en ek neem fotos in die ry om besig te bly




Elke keer waneer ons 'n skerppunt koppie sien raak ek en Piet opgewonde...seker oorlat ons lank weg was van die huis af.



Dit raak toe middag ete tyd toe ons by Canon roadhouse aankom

Besluit om 'n burger en slaai te eet daar.



Sal in die vlg hoofstuk van die plek vertel, dalk die volgende 2 hoofstukke. Daar is baie te sien, tyd is altyd te min om als in oorgawe te geniet.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer oppad huistoe 6
« Reply #1 on: August 30, 2013, 07:11:03 AM »
Hier is dit waar ek nou begin "sad" voel, want ek weet die groot lekker is amper verby.  Pragtige foto's en goeie geselskap!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer oppad huistoe 6
« Reply #2 on: August 30, 2013, 07:16:34 PM »
ek het ook os gevoel toe ek daar gery het...

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 2013 toer oppad huistoe 6
« Reply #3 on: August 31, 2013, 08:58:12 AM »
Ek wonder wat dink ons Hemelse Vader as ons met die jambeplakte volgraanbrood onder die arm steen en been kla oor lewensonkoste??