Author Topic: 2013 toer oppad huistoe 5 Betta....Duwisib....  (Read 6032 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer oppad huistoe 5 Betta....Duwisib....
« on: August 25, 2013, 10:47:03 AM »
Ek laat vir Piet verder bestuur, die pad is nog lank Bethanie toe en ek wil 'n middag slapie vat. So in die ry neem ek paar fotos om besig te bly tot ek vaak raak om te slaap.

Ons kry ook onder andere Gemsbokke in die padreserwe maar hulle draai nie na ons kant toe vir 'n mooi foto nie, hulle wys liewer hoe maklik kruip hulle deur die draad.





Gelukkig raak en aan die slaap en rus lekker.
Na 'n motorhek stop Piet en sê hy wil gou 'n draai loop, ek draai om en probeer deur die slaap bly om nou nou verder te slaap. Hier sê Piet hier van buite ek moet gou kom kyk. Ek dink wat moet ek dan nou kom kyk en voor ek vra antwoord hy self die vraag....hier loop petrol onder die bakkie op die grond uit. So skielik is ek 100% wakker en gaan kyk.
Ek weet toe dadelik wat dit is. Op worcester het ek 'n 3 de petroltenk laat insit vir die tog deur die woestyn. Die tenk en die hoof tenk is met 'n rubber petrol pyp aan mekaar verbind. Na ek die 3 tenke by die huis vol gegooi het, het ek gesien daar is so effens nattigheid by die rubberpyp maar nie ernstig nie. Om 250 liter uit te tap om seker te maak is nie so makilik nie, waar gaan jy met so baie prteol heen. Ek neem toe 'n stuk spaar pyp en klampe saam. Die het heeltyd op die bakkie se paneelbord gelê en baie mense het gevra waarvoor is dit. Dan antwoord ek dat dit maar daar kan lê dalk het ons dit nodig, en hier het ons dt nou nodig. Ek soek toe 'n plek om die bakkie hoog te laat staan maar daar is niks, kyk op die GPS en sien ons is 7 km van Betta af en ek weet daar is petrol Die tenk wys half en dit beteken daar is so om en by 90 tot 100 liter in die tenk en ons sal Betta kan haal.

Spring daar in die bakkie en ry Betta toe. Kry die plaas bestuurder daar en vra vir 'n put maar hulle put is vol brandhout gepak. Gelukkig is daar klomp groot sement bou blokke en hy sê ons kan dit gebruik. Trek die voorwiele daarop.



en toe moet dinge vinning gebeur. Daar was toe nie tyd vir kiekies neem nie. Ek klim op die dak om die ammoboks met gereedskap te kry. Gewoonlik vat mens verkeerde goed raak as dit so haastig raak. Ek het daardie oggend nogal vir 'n slag skoon klere aangetrek maar ek besef dit is nou maar so. Kruip onder die bakkie in en sien dit lek redlik en as ek woel aan die pyp raak dit erger.  Piet gee eers die gereedskap  aan dat ek die beskermplate kan afhaal om te sien wat aangaan i en ek besef as ons die stuk pyp vervang sal hier baie petrol uitloop maar hoe nou anders. Toe ek die plate los het lyk dit of di epyp niks makeer nie maar net afgeskuif het waar hy oor die metaal pyp geskuif is. Draai los met skroewedraaier maar di eklmap wil nie los draai nie. Die ding se draad is gestrip. Toe knip ek maar die klamp af met die sidecutter. Toe spuit die petrol lekker strek uit en ek lê omtrnet in die petrol modder maar gelukkig drein die sandgrond lekker vinning. Nou moet Piet ook inkruip om die ander klamp om te sit. EK kan nie juis help nie want as ek los dan spuit die petrol in my gesig. Terwyl ons so lê en sukkel is daar nog tyd vir praat ook en ek sê vir Piet ek het 'n boek saam gebring wat ek nou lees en daarin skryf Annelie Botes dat sy en haar man vir mekaar sê waneer daar iets sleg gebeur: "nothing happens by accident"en ou wil ek dit vir jou ook sê Piet, nothing happens by accident maar hoekom dit moes gebeur sal ons nie nou weet nie, dalk nooit. So kry ons die nuwe klamp om en draai vas en die lek is weg. Wat 'n verligting, en ek sit sommer nog 'n klamp langsaan, die 2 langs mekaar.

So is die pyp en laste dig en dis toe moeiliker om die skermplate terug te sit as wat dit was om hulle af te haal, maar op die ou end is die ook weer op hulle plek.

Na die tyd is ek so vaal soos 'n spook



Maar ek gee nie om nie ons kan weer die pad vat.



Op  Betta is 'n kampterrein en die mense by die winkel sê ons kan maar die ablusieblok gebruik as ons wil. Ek neem toe 'n stort en al was die water koud het ek nei omgegee nie ek kon darem weer skoon voel.
Die naald het nie juis gesak nie en ons gooi toe nie petrol in nie. Daar moet nog so 90 liter oor wees het ek geskat. Nou gou by Duwisib aanry en dan Bethanie toe.





Toe ons by Duwisib inry was dit omtrent 4 uur en Piet vra of ons nie sommer hier kan kamp nie en ek sê dadelik ja. As Peet nie saamstem nie gaan ons hom in elk geval uitstem, 2 teen 1 maar Peet sê hy maak net soos ons dink dis goed.

Die hele kamp terrein vir ons self gehad en lekker warm water in die stort en kan sommer die skottelgoed ook 'n slag goed was in die wasbakke langs die ablusieblok.



Die wind het stees gewaai maar die bome het heelwat gekeer, sodat dit nie te erg winderig was nie.




Die maan was onder en die sterreprag was mooier as mooi.



So slaap ons toe by Duwisib ipv Bethanie, maar ons gee nie om nie, ons sou op Sesriem geslaap het.

Hier is bietjie geskiedenis van die plek

http://www.farmduwisib.com/castle-history.php

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer oppad huistoe 5 Betta....Duwisib....
« Reply #1 on: August 30, 2013, 07:04:34 AM »
Dit was nou jammer oor die pyp, alles het so vlot verloop.  Kyk al daai stof in jou baard!  :icon_biggrin:    :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer oppad huistoe 5 Betta....Duwisib....
« Reply #2 on: August 30, 2013, 07:17:38 PM »
neewat ons glo die pyp moes probleem gee dat ons op daai manier gekeer is om in die nag te ry en so 'n moontlike ongeluk met 'n koedoe verny.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 2013 toer oppad huistoe 5 Betta....Duwisib....
« Reply #3 on: August 31, 2013, 08:52:32 AM »
Stoffel die Spook hehehehe. Handig verby!!

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer oppad huistoe 5 Betta....Duwisib....
« Reply #4 on: August 31, 2013, 08:54:49 AM »
Stoffel die Spook hehehehe. Handig verby!!

asvaal en so lelik soos die nag

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer oppad huistoe 5 Betta....Duwisib....
« Reply #5 on: September 01, 2013, 12:56:51 PM »
Ek het darem al die voorreg gehad om jou by die kerk te sien, skoene en al.  Dan is jy mos 'n aantreklike man AB.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer oppad huistoe 5 Betta....Duwisib....
« Reply #6 on: September 01, 2013, 01:55:24 PM »
Ek het darem al die voorreg gehad om jou by die kerk te sien, skoene en al.  Dan is jy mos 'n aantreklike man AB.   :love7:

j asoms trek ek tog skoene aan en by uitsondering 'n das, dan raak die vrou weer van voor af op my verlief... :love7: :color: