Author Topic: 2013 toer oppad huistoe 3  (Read 4792 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer oppad huistoe 3
« on: August 24, 2013, 07:28:36 PM »
Die volgende plek waar ons verby ry is Solitaire.
Dit was ook net 'n plaas gewees wat 'n winkeltjie en petrolpompe gehad het wat met 'n slinger gedraai word.
EK het dit nog in 1986 gesien ( beleef)
Toe kom Moose Solitaire toe en die plek begin aandag kry in die toer boeke.
Moos bak eendag 'n appeltert en dit was 'n sukses wat goed verkoop het. Daar word nou nog appeltert maar ook brood en ander goed gebak. Die bakkery het uitgeskuif uit die winkel en sy eie vertrek in 'n gebou langsaan gekry. Daar is 2 lapas met grasdak waar jy kan eet en kuier.
Voorwaar baie anders as vroeër jare.

Daar is nou kamppeerplek en ook 'n lodge. Baie min mense ry die plek verby.

Die bevolking groei ( soms)






Die winkel en petrolpompe ( agter die lorrie wat daar staan)





Dit reën gewoonlik nie vreeslik baie daar nie.





On het van die appeltert geëet. Dis groot stukke en ja dit smaak lekker, veral hier in die middel van amper nêrens



Peet speel 'n potjie Solitaire op Solitaire



By die ingang staan klompie ou en vlenter rygoed vir die ou wêreld atmosfeer.



Selfs 'n groen fordson trekker ook







Dit raak later en ons moet die pad vat na Agama waar ons kampplek bespreek het. Die kampplek en die ablusie lyk baie goed maar die wind waai erg, baie erg en ons besluit om eerder op te betaal vir 2 kamers huur.



Mooi sonsondergang na die dag se stof in die lug





Die wind het erg gewaai en ons het agter die gebou sommer op die gasplaat steak gebraai. Die volgende oggend het die wind steeds sterker gewaai.








hierdie gitjie is op Agama se embleem, ek neem aan dis 'n Agama? so sê die ontvangsdame maar ek kry niks op die net wat dit bevestig nie.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer oppad huistoe 3
« Reply #1 on: August 30, 2013, 05:53:16 AM »
Dit lyk vir my julle het baie goed oor die weg gekom.  Jammer die wind het julle so versondig.  Augustusmaand, die maand van winde. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer oppad huistoe 3
« Reply #2 on: August 30, 2013, 07:19:40 PM »
ja Aug is wind maand. ons het rerig goed oor die weg gekom toe vra Piet my wat dink ek nou van hulle 2. toe seg ek as hulle slegte (K..) gesleskap wil wees moet hulle net lekker slegte (K..) gesleskap wees. toe lag ons weer.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 2013 toer oppad huistoe 3
« Reply #3 on: August 31, 2013, 08:50:24 AM »
Dankie baie baie vir die wonderlike voorreg om te kan deel in al die ervarings en STUNNNNNING beelde!!


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer oppad huistoe 3
« Reply #4 on: August 31, 2013, 08:55:20 AM »
groot plesier rina

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 2013 toer oppad huistoe 3
« Reply #5 on: August 31, 2013, 08:56:37 AM »
Foutjie Stefaans... ek's Griekie vandag  :toothy4:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer oppad huistoe 3
« Reply #6 on: August 31, 2013, 09:01:15 PM »
is reg Grrrrrietkie