Dis Maandag oggend op Walvisbaai. Ons is nou 18 dae weg van die huis af, en ons raak kriewelrig om weer by die huis te kom. Al is ons kriewelrig gaan ons nie die tog aanpak en klaarmaak so gou as kan nie. Die teerpad is seker die gouste maar die woestynpad is die lekkerste.
Ons ry by die klomp flaminke wat in Walvisbaai se lagoon kuier, verby.
Moes darem eers 'n paar kiekies neen om saam huis toe te bring.
Dis 'n bedrywige klomp flaminke bymekaar.
Sommige vlieg
Sommige hou vergadering
ander slaap
In Walvisbaai se hawe gaan ontbyt eet.
En Piet en Peet geniet 'n grappie
Ek het besluit ons neem die pad ( C14/M36) by Rooikop verby na die Kuisebrivier nie maar eerder die (D1983/D2186) na Rooibank, Gobabeb verby en weer terug op die C14 pad net voor die Kuisebrivier. Almal vertel hoe sleg is die reguit pad maar ek wil in elk geval 'n ander pad ry.
Hier is die Kuisebrivier met sy bome en ander plantegroei en die rooi duine in die agtergrond.
Piet was baie opgewonde toe hy die naambord sien wat sy van dra.
Van die Topnaars se beeste langs pad gekry en gewonder wat hulle vreet.
Die pad was nie in 'n slegte toestand nie.
Van die huisies waarin die Topnaars woon.
Volgend die GPS is die Steenbokskeerkring hier waar ek die streep getrek het.
Op die een plek staan 'n huisie so 20 meter van die pad af en die man van die huis waai vir ons, en net daar besluit ons om om te draai en te gaan groet.
Kry toe vir Matteus en hy groet vriendelik.
Hy ge toestemming dat ons na sy huisie ( 1 vertrek) kan kyk. Hier is die kombuis onder afdak buite. Binne staan net 'n bed en kas.
.
Daardie oggend het die wind maar koud gewaai en die huis is ook nie dig nie, wind waai sommer dwarsdeur die laste in die plate. EK dink die huis sal in die somer onhebbelik warm raak.
Hy vertel dat hulle die bokke en beeste oorkant die duin wat jy van sy huis af sien, laat wei. Daar is effens grasvlaktes tussen die duine.
Eers geslukkel dat Mattheus lekker vir die kamera lag en ry toe verder.
Toe ons daar wegry sê ons vir mekaar die genade is groot vir ons. Mattheus en sy mense het nie gekies om daar in die woestyn te bly nie en hulle leef wêreld is maar klein, van daar af tot soms in Walvisbaai en hier het ons die voorreg om hulle omgewing te besoek en te sê totsiens en die woestyn agter te laat. Dis lekker om daar te kuier maar om daar 'n bestaan te moet maak gaan nie so maklik wees nie.
Wie onthou nog lion bier
Gobabeb