Author Topic: Kos uit Ierland  (Read 6846 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Kos uit Ierland
« on: August 23, 2013, 05:51:38 AM »
On shet in 2005 vir 2 en half weke in Ierland by mense gekuier.
Het by verskillende mense saam met hulle gaan eet.
Sjoe aartappels en aartappels, meer as eek keer het ons gekry dat daar 3 soorte aartappel geregte op een bord geskep word.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kos uit Ierland
« Reply #1 on: August 23, 2013, 07:51:36 AM »
AB dit sal my beslis nie pla nie, aartappels is my stapelvoedsel.  Inteendeel, ek lief alle stysel geregte.  Pasta!  Hmmmm.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kos uit Ierland
« Reply #2 on: August 23, 2013, 09:24:40 AM »
ek is lief vir pasta en patats, aartappels eet ek net omdat dit op die tafel is, maar mashpotatoes, nie sommer nie en smash glad nie.


Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kos uit Ierland
« Reply #3 on: October 21, 2013, 01:32:32 PM »
Ek is baie lief vir kapokaartappels, veral as dit gemaak word met baie botter, room en knoffel.  Absoluut heerlik!

Hier is 'n heerlike resep:

Geroosterde knoffel kapokaartaapels

4-5 groot aartappels
1 en 1/2 koppies vars volroom melk
1 eetlepel olyfoilie
1 knoffelkop
1/2 koppie botter
250g bakkie mascarpone roomkaas
1/2 koppie gekapte grasuie

Verhit oond tot 250grade.
Verwyder die skil van die knoffel, maar los elke individuele knoffeltjie in sy doppie. Sny 'n baie klein deel aan die knop van elke knoffelhuisie af sodat jy net net die knoffel kan sien.  Gooi olyfolie oor en maak toe met foelie.  Rosster die knoffel vir ongeveer 40 minute.

Haal dan die knoffel uit en druk elke knoffelhuisie se knoffel in 'n bak.  Druk verder fyn met 'n vurk.

Kook jou aartappels of sit hulle in die mikrogolfoond.

Meng die melk, knoffel paste en botter in 'n pan en laat dit kook.

Meng die melk mengsel met jou aartappels.

Vou die mascarpone kaas en grasuie in. 

AB, miskien sal hierdie 'n lekker resep wees om kapokaartappels nog 'n kans te gee?   :toothy4:





Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kos uit Ierland
« Reply #4 on: October 22, 2013, 10:00:45 AM »
Hmm, sal dit beslis probeer.  Dankie Terry. :love7:
Om te weet is om te verstaan.