Author Topic: 2013 toer vlieg oor die woestyn 3  (Read 4665 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer vlieg oor die woestyn 3
« on: August 20, 2013, 04:43:15 AM »
Hier kan gesien word hoe die duine tot teen die see strek. Ons het net so aan die binnekant van die woestyn oor die duine gery. Dit was toe hoogwater soos op die fotos ook. As dit laagwater is kan mens op die strand langs ry en dit is dan baie vinniger en makliker.







Dit is Sandwich Baai.



Dis is 'n bewaring area. Vliegtuie mag nie direk daaroor vlieg nie. Die Flaminke het altyd by walvisbaai se riool aanleg se water panne gehou en toe trek hulle hierheen. Toe word dit verbied oor daaroor te vlieg en ook nie laer as 1500 voet nie.



Intussen het die flaminke getrek na Walvisbaai se lagoon maar die vlieg verbod bly staan.

Die mense staan by die paatjies net voor Sandwich hawe wat jou versper om verder te ry. Die Plek is ook 'n broeiplek vir kabeljou, mens mag ook nie in die "hawe"visvang nie.

<a href="http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/namib%20toer%202013%20henties%20walvis/501_zpsd5f04684.jpg.html" target="_blank"><img src="http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namib%20toer%202013%20henties%20walvis/501_zpsd5f04684.jpg" border="0" alt=" photo 501_zpsd5f04684.jpg"/></a>


Dit is die soutpanne aan die suidekant van Walvisbaai.



<a href="http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/namib%20toer%202013%20henties%20walvis/503sout_zps9753a098.jpg.html" target="_blank"><img src="http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namib%20toer%202013%20henties%20walvis/503sout_zps9753a098.jpg" border="0" alt=" photo 503sout_zps9753a098.jpg"/></a>



Walvisbaai se hawe





Daar aan die agterkant kan jy vir Pelican Point sien, 'n skiereiland wat Walvisbaai 'n baie veilige plek vir skepe maak.



Tussen Walvisbaai en Swakopmund is daar vreeslike uitbreidings. Dit is Langstrand en Dolfynpark.






Waar die Swakoprivier in die see in vloei....so 1 keer in dlak 30 of 40 jaar.




Swakop se beroemde Jetty.








Ek en Piet staan soos 2 wafferse saamryers by die vliegtuig.





Swakop het ook 'n valskermklub





Ons het weer by Piet se vriende gekuier in walvis en die dogtertjie het lekker met my gesels.



'n Groot skildery van die veld met sy diere.....laat mens sommer weer terug verlang bos of veld toe


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer vlieg oor die woestyn 3
« Reply #1 on: August 20, 2013, 07:47:21 AM »
Ek dink nie jy sal hierdie toer gou vergeet nie AB.  Dit is 'n wonderlike ervaring om net na die foto's te kyk. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer vlieg oor die woestyn 3
« Reply #2 on: August 20, 2013, 07:50:25 AM »
Ek stem saam PM, die probleem is net ek sal dit weer en wer wil doen amar dan is daar ook so baie ander plekke wat ek wil besoek, en die lewe is net so lank en die geld en ty dis net soveel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer vlieg oor die woestyn 3
« Reply #3 on: August 20, 2013, 08:03:09 AM »
Mag ek vra hoeveel so 'n toer kos per persoon?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer vlieg oor die woestyn 3
« Reply #4 on: August 20, 2013, 09:24:01 AM »
Ons het 9000 per persoon betaal, maar daars goedkoper opsies ook. die gewone toere is 7500 maar ons was 1 dag langer in die woestyn as gewoonlik en ons het meer tyd afgestaan om fotos te neem. gewoonlik ry die mense meer op een dag en stop minder. toe voel ek dis beter om die duurder prys te betaal om mee rtyd aan fotos af te staan en dit was die geld werd dink ek. . dis per persoon en dan moet mens nog brandstof ingooi ook. ek het 220 liter petrol gebruik.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer vlieg oor die woestyn 3
« Reply #5 on: August 20, 2013, 12:13:27 PM »
Vir die ervaring en die kennis wat 'n mens opdoen, is dit baie redelik.  Ek sou ook vir die "stadiger" pas gestem het.  Dit help nie 'n mens jaag daardeur nie.  Jy sien, daar is dinge wat geld nie kan koop nie.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer vlieg oor die woestyn 3
« Reply #6 on: August 20, 2013, 12:38:09 PM »
Die ander toer enoem ek brandewyntoere en ek stel nie belang in 'n brandewyn toer nie. daarom stem ek saam, eerder saam met mense wat saam selfde passie van fotografie deel waarin almal belangstel. ok op die brandewyn toere deel almal of amper almal dieselfde passie vir brandewyn.... maar dan moet mens ook deel in die nagevolge daarvan. ander mense kan idt dlak onsmaaklik maak vir jou.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer vlieg oor die woestyn 3
« Reply #7 on: August 20, 2013, 01:01:56 PM »
Dit is werklik so ja.  Dan voel jy ook jy het jou tyd en jou geld gemors.  Dit kan 'n groot gemors afgee. 
Om te weet is om te verstaan.