Author Topic: 2013 toer vlieg oor woestyn 1  (Read 3546 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer vlieg oor woestyn 1
« on: August 19, 2013, 08:10:28 PM »
Ons is Sondagoggend weg uit Hentiesbaai.
Ons ry gou by Wlotzkasbaken in om te kyk hoe lyk die plek.



Al die huise is helder kleure geverf.



Almal moet self sorg vir eie water, daarom die water tenke by die huise.





Toe ontmoet ons my neef se seun by Swakop lughawe en ek en Piet gaan saam met hom op 'n rit oor die woestyn.
Verskoon dat die fotos vaal is, dit was 'n vaal dag van baie stof in die lug en die vliegtuig se ruite maak ook dat die foto nie so helder is nie.
Ek moes heelwat torring aan die fotos op photoscape om kleur uit hulle te kry.

Eers vlieg ons langs die duine af en hier is duin 7 uit die lug.



Rooikop lughawe. Ek sien die aanloopbaan is langer gemaak as wat ons hom herbou het in 1978. Ons het net gebou tot so lank as wat die taxiway is weerskante, en nou is daar 'n stuk aangelas vir die groter vliegtuie.



Van Rooikop af het ons Gobabeb toe gevlieg. Dit is 'n navorsings plek in die woestyn teen die kuiseb rivier. Blykbaar het Nasa daar proewe gedoen met die robot karretjie wat mars toe is.

Ons het min of meer al oor die kuiseb gevlieg. Regs was duine





Hier kan jy sien die sandwoestyn, rivier en dan klip woestyn.



Dit is van die woonplekke van die Topnaars.



Weer klip en rivier en sand





Hier is Gobabeb





Ons het gemsbokke en zebras uit die lug gesien, maar te klein om af te neem.



Kuiseb canyon daar onder



Ons draai toe weer see se kant toe. Daar in die verte is Tsondab pan.



En dis net duine en duine





Weer die Tsondab pan in die verte



Duine maak allerhande patrone



En groot diep sand gate wat jou laat wonder hoe kom jy daar uit as jy daar binne is.



Hou jou hande op die stuur






Selfs 'n duin gesien wat die liefde uitstraal met sy hartjie



word vervolg

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer vlieg oor woestyn 1
« Reply #1 on: August 20, 2013, 07:40:07 AM »
Pragtige foto's AB.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer vlieg oor woestyn 1
« Reply #2 on: August 20, 2013, 07:52:05 AM »
PM maak idt nou sin dat dit lyk of ons al oor die duine se kruine gery het, veral hier teen die see?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer vlieg oor woestyn 1
« Reply #3 on: August 20, 2013, 08:14:58 AM »
Ja dit maak sin.  Op die foto's lyk dit net of julle altyd die hoogste kruin gesoek het om oor te ry. 

Gelukkig het ons in Dubai se woestyn saam met bedrewe 4X4-bestuurders gery, maar dit was nog 'n kouerillings ervaring vir my. 

Ons oudste soek ook al die steiltes uit wanneer ek saam ry om net my siel uit te trek.  Ek hou niks daarvan nie.  Spoed en ek is ook nie maatjies nie.
Gelukkig het ek 'n man wat baie "netjies" bestuur en hy is nooit haastig agter die stuur nie. 
Om te weet is om te verstaan.