Author Topic: 2013 toer Hentiesbaai omgewing  (Read 3855 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer Hentiesbaai omgewing
« on: August 19, 2013, 07:17:18 PM »
Ek het gelees en gehoor van die dooie see naby Hentiesbaai en ek het besluit ek wil daarin gaan swem om te voel hoe voel dit.

Ons het geen idee gehad hoe dit lyk nie. kon nie fotos daarvan opspoor op die internet nie. So besluit ons 3 en Johan en Lienie ons gaan die plek soek. Ek neem varswater en seep en handdoek ook saam. Ons het darem die plek se aanwysings op die internet en die GPS gekry. Dis sowat 35 km noord van Hentiesbaai en 15 km van die see af.
Ons was eintlik teleurgesteld toe ons by die plek kom want ons het so iets soos 'n groot pan of meer vol water verwag en hier is dit die gat in die grond met water in, 'n ou kwartsmyn wat so lyk.



Die water lyk nie skoon nie en ek stap tot my enkels daarin. Toe besef ek di esout gehalte is so hoog daar sal niks in kan lewe nie, nie eers kieme nie. Die ander het kop uitgetrek maar ek het besluit ek kan nie tot hier ry en nie voel hoe dit voel om in die dooie see te sem nie, al is dit net in 'n gat in die grond.

Ja dit is so mens dryf maklik in die water, amper dieslefde gevoel as met 'n duikpak in die see sonder lood gewigte aan, maar jy dryf nog meer as met die duikpak.



Toe besluit ek ek moet darem seker 'n boek vat om vir 'n foto te "pose."

Al wat in die kar was was die Weg Ry tydskrif



Op die foto hang ek regop in die water, my voete raak nie grond nie.



Peet het maar die besigheid baie verdag dop gehou.



Toe eers 'n koeldrank so hangende in die water drink.



Piet het seker 30 foto geneem, my gevoel ek hou sirkus vir die mense, ek moet swem en hulle kyk net.

Toe is dit tyd om te stort, voel amper uitgedroog soos biltong.

 

Ons vat toe weer die pad terug Hentiesbaai toe en langs pad stop ons toe hier:




En soos enige goeie "pub" betaam wat sy sout werd is moet daar keppies in die dak hang; keppies en ander goed ook:



My gunsteling bier se keps ook:



Daar is 'n eetplek ook langs die drinkplek.




Kom seker iewers van 'n skeepswrak af.



En ja soos dit enige goeie pub betaam wat sy sout werd is word daar op die mure geskryf:





<a href="http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/namib%20toer%202013%20henties%20walvis/452_zpsfee3c9e5.jpg.html" target="_blank"><img src="http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namib%20toer%202013%20henties%20walvis/452_zpsfee3c9e5.jpg" border="0" alt=" photo 452_zpsfee3c9e5.jpg"/></a>

Die laaste maar nie die minste nie:



nog keppies ens:



Die plek is daar waar die sout panne so ent noord van Hentiesbaai was:



Jakkals is 'n Australiëse skaaphond, kruising tussen dingo en lassy soos die eienaar sê. Seker maar 'n bruin kelpie en dingo?



'N slag die bakkie onder laat skoonspuit.



Dit was Vrydag, Saterdag het ons gaan visvang saam met Lienie se broer. Ek het darem 1 kabeljou gevang en Piet 'n galjoen en ek dink 2 of 3 kabeljoue.
Daar was baie swael op die water.

Ons het heerlik gekuier maar ja alle lekker dinge kom tot 'n einde, so het ons kuier tyd verby gegaan en Sondag moes ons weer begin suid ry het.

Môre gaan ons vlieg oor die woestyn.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer Hentiesbaai omgewing
« Reply #1 on: August 20, 2013, 07:53:52 AM »
Pragige foto's.  Dit lyk heerlik daar in "die dooie gat".   :icon_biggrin:
Dubai se see is ook so sout 'n mens dryf daarin. 
Om te weet is om te verstaan.