• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom ons praat BRANDRISSIE

Started by Terry, August 19, 2013, 03:03:29 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Ek was een van daardie mense wat nooit my lippe aan warm kos kon sit nie, maar vandag is ek verlief!

Geniet jy brandrissie of kan jy dit nie geniet nie?  Weet enige iemand van enige gesondheids voordele van brandrissie in jou dieet?

Kom deel jou wenke/respete met ons.

Kom ons praat brandrissie   :toothy4:

PM

Brandrisies en enige ander risies is my kos.  Die portugese weet hoe om die lekkerste brandsouse te maak.  Lees gerus hierdie artikel om te sien hoeveel voordele hou risies in. 
Risies is maklik om aan te plant en een plant dra 'n klomp risies.  Dit droog maklik en vries goed. 

http://www.chillisgalore.co.uk/pages/chilli_facts.html
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

My man sal dit nou geniet, maar hy het ongelukkig met 'n vrou getrou wat dink dat selfs peper te erg brand. :-)

PM

O goeiste, as Hannes boontjies kook dan proe jy net swartpeper.  Hy lief dit. 
Ek dink dit gaan maar daaroor dat 'n mens se "smaakkliere" gewoond raak aan brandkos.  Hoe meer jy eet hoe meer kan jy eet.  Ek gooi alles toe onder rooipeper, ek lief dit.  (Dit is waar ek my skerp tong vandaan kry  :icon_biggrin: )

My tuin het altyd rissies in.  Dit vertoon nie net mooi nie, dit kom handig te pas ook.  Rissies en pieterselie, hmmmmm!
Om te weet is om te verstaan.