Ons het by vriende van Piet oorgeslaap in Windhoek.
Was nogal moeilik om idt te reël want ons het nei geweet of ons Maandag of Dinsdag uit die woestyn gaan kom nie en ook nie geweet hoe laat nie. Hulle het net geweet ons is oppad.
Ons kon geen boodskap vir hulle stuur nie. Eers na donker so 20 km van Walvisbaai kon ons sein kry en hulle laat weet ons is nog oppad.
Die aand heerlik by hulle gekuier en gebraai en onder dak geslaap.
Volgende oggend moes ons eers 'n nuwe band kry in die plek van die een wat stukkend is. Ek het toe sommer al die bande laat afhaal en skoonmaak en weer balanseer en die wiel sporing ook laat stel. Uit elke band het so 2 hande vol sand uitgekom. Ook maa rgoed ek het dit eers laat doen voordat ons weer die langpad gevat het anders sou di ebande lekker uit balans wees op die hardepad.
Ons is so teen 12 uur uit Walvisbaai uit weg. Eers na Rooikop se lughawe gery, sommer gaan kyk wat het oorgebly van die lugmag strukture waar ek vir 7 manade in 1978 deel van my diensplig gedoen het........niks oorgebly nie, als afgebreek en verwyder. Ja soos Dana Snyman geskryf het.......moenie ou hekke gaan oopmaak nie, jy sal teleurgesteld wees.
Ek het nie eers 'n foto geneem nie.
Daarna het ons die berugte of beroemde duin 7 gaan kyk....net kyk nie eers uitgeklim nie.
Dis nou hy die. Na die duine wat ons die afgelope 6 dae beleef het is daar niks om oor opgewonde te raak oor duin 7 nie.
In 1979 was daar nog nie palmbome geplant nie. Dit was net duin en woestyn vlakte. Ons het daai duin baie keer uitgeklim en met gewaxde borde afgegly. Amper in die DB ook beland sowat 30 dae voor uitklaar......ek en nog 2 manne het die Oliver White 4x4 trekker met 'n 250 perdekrag V8 cat enjin gevat om te kyk of ons tot bo op die duin kan ry. Ja ons het dit regegkry en die een sersant het ons betrap. Die een ou het ons los gepraat, wat hy gesê het weet ek tot vandag toe nie maar dit het gewerk.
Ons het Welwitchia plante gaan besoek. Ons was nie by die grotes nie, ons tyd was beperk.
Dat hy so tevrede op sy eie vir 100 de jare kan staan in die middel van nêrens.
Die maanlandskap van die Swakop rivier
Alweer gepak soos 'n negosie wa
Toe is ons na die oasis toe in die Swakoprivier
Ek was in 1978 daar. Daar het mense geboer in die jare 60 maar ook later moed opgegee. Die geboue het leeg gestaan. Toe het ander mense daar 'n kafee oopgemaak wat ons in 1996 gesien het maar toe ons daar was in 96 was die kafee alweer toe. In 2996 was ek wee rdaar, so effe ontwikkeling maar ook nie juis iet snie, mee rgelyk na so 2 of 3 huisies wat jy kan huur en ook kan kamp daar. Nou is daar weer lewe. Restaurant, akkomodasie en ook kamp plekke.
Peet sê hy het ook soos die bobejaan gevoel
Mooi omgewing daar in die rivier
Ek het vergeet om te vra hoe hoog het die water opgekom met nou die jaar se vloed maar ekkon daar nei tekens sien van vloed nie, dalk al verwyder.
Ons het die middag daar geëet.
En verder Hentiesbaai toe gery.
Die foto het ek in die aand by Hentiesbaai se see afgeneem
En die volgende dag het ons eers ons wasgoed by 'n wassery gaan was en die middag see toe om te probeer visvang. Piet het darem een Galjoen kon wys.
Toe die son begin sak die Donderdagaand het ek die stok gelos en kamera gevat en klomp fotos geneem. Hier is so paar.
Piet is tevrede met sy vis, hy rook nou liewer 'n pyp daarop.
Het toe aand geraak en tyd geraak om huis toe te ry. Ons het by vriende van my van Windhoek gekuier. Hulle het lang naweek verlof geneem en na hulle standhuis op Hentiesbaai gegaan sodat ons daar lekker rustig saam kan kuier.
Heerlik saam met hulle gekuier.