• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die 7/5 Trogee

Started by PM, March 31, 2011, 10:05:54 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

PM

   
Die 7/5 Trogee.
   
In digkuns word gebruik gemaak van metrum, wat die versmaat of ritme van ‘n gedig, aantoon.

Die rangskikking van aksente in ‘n versreël, word in versvoete verdeel en elke ander kombinasie het ‘n ander naam.

‘n Trogee is ‘n versvoet wat bestaan uit ‘n beklemtoonde lettergreep, gevolg deur ‘n onbeklemde lettergreep.  In hierdie versvorm begin die skrywer met ‘n beklemtoonde lettergreep en eindig weer die versreël met ‘n beklemde lettergreep.  (Vandaar die onewe hoeveelheid lettergrepe in ‘n versreël.)

Die 7/5 in die trogee, verwys na sewe/vyf/sewe/vyf lettergrepe in elke kwatryn.  (‘n Kwatryn is ‘n strofe of ‘n stanza wat uit vier versreëls bestaan.)

Die rymskema is as volg:   a/b/c/b  of  a/b/a/b

Die gedig self handel oor ‘n onderwerp wat die digter se aandag boei.

Die tipiese 7/5 Trogee bestaan uit twee kwatryne, maar dit is nie ‘n vereiste nie.

Voorbeeld:

Ek en jy

Ek is jou mosbolletjie
jy my boerbeskuit
skuil net in mekaar se lief
smyt die ander uit

Ek is mos jou sonnestraal
jy my maan se lig
so skryf ons die mooi verhaal
Liefde is g’n plig.

---------------------

Nog ‘n variasie van hierdie gedigstruktuur is om binnerym toe te pas.
Maak so gebruik daarvan:

Rymskema:  a/b/c/b

Voorbeeld:

Die eerste reën

Reën die val en voëls gaan mal
Ai die stof is skoon gewas
Sade groei en blomme bloei
Goggas op die boom se bas

Stroompies sing ‘n lied wat spring
Bokkies jubbel laf
Sonskyn, padda-koor refrein
Weg is al die flenters kaf

---------------------

Lewer gerus kommentaar en kom skryf saam. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

#1
Wense

Storm vloede woed binne
my met elke blik.
Liefling, jou glimlag sal my
geheime verklik.

Jou aanraking sag en teer
Stilte bring geluk
Reendruppels val om my neer
Wense word gepluk

PM

A ha!  Dankie Trappies.  Dit is 'n mooi voorbeeld.   Laat ons hoor wie lewer nog kommentaar. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Gatvol

Jy jaag my moermeter op
met jou disrespek.
Stadig mergel jy my uit
met jou ewig drek.

Leeggetap teen dag se end,
soos 'n pap ballon
in verlate party tent,
sak vir my die son.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Mooi Naas.  Jou trogee werk met 'n knal!  Julle maak my dag,  baie dankie.
Om te weet is om te verstaan.

adele


Postdateer jy nou die brief,
stempel daarby wraak.
Gaan die poskoets deur die drif,
onheilspellend kraak.

Loop ek dan in die geheim
op die wa se spoor,
knik die disselboom sowaar
elke brief verloor.

:grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


adele

adéle  :grommit: