Author Topic: 2013 toer woestyn dag 6 c  (Read 4162 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer woestyn dag 6 c
« on: August 18, 2013, 11:59:29 AM »
Ek het gewonder of dit nie dalk rinderpest kon wees wat die delwers se osse laat vrek het  en toe het hulle nie meer vervoer nie maar ek lees nou dat daar in Suid Wes 'n entstof ontwikkel is en teen 1915 is Suid Wes rinderpest vry verklaar. Dus kon dit nie dit wees nie, dalk 'n ander siekte onder onder die diere gewees dat die mense nie vervoer gehad het om hulle besittings saam te neem toe hulle pad gegee het.

Interessant wat ek lees ivm die rinderpest. Mens hoor en lees baie van die miljoene wilde diere wat in Afrika was, selfs in Suid Wes en Suid Afrika. Dan wonder mens of die ou mens edan so erg gejag het dat die diere nou so min is. Met die runderpest is 2,5 miljoen beeste in Suid Afrika alleen dood en die rinderpest het van noord van die ewenaar gekom. Daar word geskryf dat tussen 80 en 90% van die wildsbokke dood is agv die rinderpest.

In elk geval kom ons toer verder.

So lê strand die skip op 5 Sept 1909 in digte mis teen die Suid Wes kus, 120 km suid van Walvisbaai. Dit was 'n passasier en vragskip, omtrnet 100 meter lank en 2000 ton. Daar was 30 passasiers aan boord en almal het die land veilig bereik,



Die skip is as hotel gebruik in die dae toe daar nog mense in die omgewing was, voordat die delwers pad gegee het.












Dit is een van die skeepswrakke in die wêreld wat die meeste afgeneem word.



Ons moe stoe verder ry want dit begin laat raak en Armand raak bekommerd dat as die donker ons in die woestyn vang sal ons moet oorslaap. Toe is daar nie meer tyd vir stilhou en tydsaam fotos neem nie.

Ons het heelwat rob kolonies lans die kus gesien...hulle wat onder andere ons visgetalle onder druk plaas. Daar is vreeeeeeslik baie van die robbe. Dit laat dink mens nogal aan Durban se stand op nuwejaar.




Shawnee (1976) se wrak. Nie tyd gehad om dit van nader te bekyk nie. Dit is sowat 30 tot 40 km noord van die Eduard se wrak.



Ons kon nie strand langs ry nie want dit was hoogwater. As dit laagwater was kon ons vinnig vorder maar ons moes oor die duine ry.

Ons het oorblyfsels van 'n mans geraamte gekry. Hy was 'n matroos wat agv drank verdwaal het en hier tot sy einde gekom het....as ek reg onthou. Aramdn kan vir ons die storie vertel as hy kans het.




By die duin het ons nogal gesukkel. Op die ou end was ons met die hilux en die Delica heel laaste met 2 land cruisers wat ons bygetsaan het. Ek het seker 4 keer probeer en die Delica seker 5 keer.




Die een Land Cruiser is toe voo ruit om by die res van die groep aan te sluit.

Hier het ons heelwat tyd verloor.

Delica probeer weer



en elke probeer slag vreet petrol en ons petrol is laag. Ek weet nie lekker hoeveel daar oor is as die tenk tussen leeg en kwart wys nie agv die ander 2 tenke wat ook aan die hoof tenk gekoppel is. Met die op en af by di eduine wys die tenk dan half, dan weer leeg, maar ons beur maar voort.

Kon ons neem 'n ander roete langsaan





Delica gaan haal weer uit.











Delica het dit toe ook gemaak.



Die gestoei om oor die duin te kom was half 4 gewees. Half 4 in Suid Wes is half 5 in Suid Afrika en sowat 2 uur later is dit skemer en en die donker is nou nou op jou. Ons moe ste aanstoot om die 70 km Walvis toe af te lê, dus geen kans vir stilhou om fotos te neem nie. Ons is ook net net uit die duine gewees toe dit donker word. Die laaste stuk plat strand het ons in die donker gery.

Die benoudste was, sal ons uit die duine wees voor donker en sal die petro, genoeg wees?

Op die ou end was die petrol ook genoeg. Ons het van Aus 675 km deur die woestyn gery en ons bakkie het 220 liter petrol gebruik. Ek het 250 liter in di etenke onder di epens gehad en nog 20 liter jerrykan bo op die dakrak wat ons die eerste aand ingegooi het om die gewig na onder te verplaas.

moenie dink julle is nou verlos van my stories nou wat ons uit die woestyn is nie. Ons moet nog Hentiesbaai toe gaan, visvang, in die dooie see swem, vlieg oor die woestyn en terug huis toe ry. 

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 2013 toer woestyn dag 6 c
« Reply #1 on: August 18, 2013, 11:17:21 PM »
Wat 'n groot voorreg om te kan deel in die ervarings mater. Buig sommer laag en lig my hoed. Ek lieffff daardie spoorskilderye. Sal 'n pragtige canvasprint maak!

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 6 c
« Reply #2 on: August 19, 2013, 04:19:03 AM »
mens moet net jou ogies oopmaak dan sien jy mooi goed in die woestyn ook. ek ken iemand wat sê Suid Wes is nie vir hom 'n mooi land nie net indrukwekkend, ek sien gelukkig baie mooi daar. Ek wil sê alle plekke is vir my mooi behalwe sommige plekke in sommige dorpe en stede.